“As daar in een van die dorpe in die land wat die HERE jou God aan jou gee ’n arm Israeliet is, een van jou broers, moenie ongevoelig wees en jou hand vir hom toehou nie. Maak jou hand vir hom oop en leen vir hom wat hy ook al nodig het. Moenie slegte gedagtes koester en iemand ’n lening weier net omdat die sewende jaar van kwytskelding naby is nie. As jy weier om aan so ’n persoon iets te leen en die persoon in nood na die HERE roep, sal jy skuldig wees aan sonde. Gee gewillig sonder om gebelgd daaroor te voel en die HERE jou God sal jou seën in alles wat jy doen. Daar sal altyd arm mense in die land wees. Daarom beveel ek jou om jou hand oop te maak vir jou mede-Israeliet wat arm en behoeftig is.”
Lees DEUTERONOMIUM 15
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: DEUTERONOMIUM 15:7-11
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's