Dit is dié soort liefde waarvan ek praat: dit gaan nie oor die liefde waarmee ons God liefhet nie. Nee, dit gaan oor die liefde waarmee God ons liefhet. Hierdie liefde het gemaak dat Hy sy Seun gestuur het met ’n doel: om te sorg dat al ons sondes vergewe word. Liewe vriende, God het vir ons gewys wat ware liefde is. Ons behoort mekaar ook so lief te hê. Niemand het God nog ooit gesien nie. As ons egter mekaar liefhet, kan mense God in ons lewe sien. Sy liefde blom in ons soos Hy bedoel het dit moet wees. Dít is vir ons die bewys van die intieme verhouding wat tussen God en ons as sy kinders bestaan: God het sy Gees in ons laat werk. Ons het alles gesien en kan dus vir seker sê: Die Vader het sy Seun gestuur met die doel om die mense op aarde te kom red. Iemand wat dus bely: “Jesus is die Seun van God,” leef intiem saam met God en God saam met hom. God het ons lief. Ons weet en glo dit. God is liefde. As daar dus liefde uit jou lewe straal, vertel dit hoe naby jy aan God leef. So bereik die liefdevolle God sy doel met ons: ons kan die oordeelsdag met vrymoedigheid, sonder om bang te wees, tegemoetstap. In hierdie wêreld is ons situasie immers presies dieselfde as Jesus s’n. Waar daar liefde heers, is daar nie plek vir vrees nie, veral nie vrees vir God se finale oordeel nie. Ware, egte liefde verdryf eenvoudig alle vrees. Iemand wat dus nog sulke vrees in hom ronddra, se lewe is nog nie heeltemal deurdrenk met God se liefde nie. En hoekom nie? Want vrees is net heeltyd bekommerd oor die straf wat kan kom. God het ons eerste liefgehad. Daarom kan ons ook nie anders as om lief te hê nie.
Lees 1 Johannes 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: 1 Johannes 4:10-19
4 Days
We can easily fall into believing things about God that aren’t true. At times, we see things on social media or the news that make us question Him. So, what is true about God? Does He know what He's doing? Is He really loving and kind, even when things don't seem to be going well? In this 4-Day Bible Plan, let’s learn how we can know God’s heart together.
5 Days
So often, the holidays come and go before we have a chance to focus on preparing our hearts for Christmas. Advent is our way of remembering that God came to be with us, is still with us, and will come again. Over the next 5 days, we’ll examine the four Advent themes: hope, peace, love, and joy.
5 dae
Ons kom weereens diep onder die indruk van die feit dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Toe Karl Barth na ‘n lesing wat hy gegee het, deur ‘n student gevra is om op te som wat hy geleer het in sy werk as teoloog, het Bart gesê: Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God.
6 days
Self-empowerment and personal development are prevalent concepts in our culture today. Being self-aware, responsible, and knowing your strengths and weaknesses is a plus in life. But, could popular self-affirmations be just far enough from the Truth that believing them could hold you back from living the very best life God has planned for you? Let’s dig into scripture in this 6-day plan by Robin Meadows to see what is revealed.
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's