PSALMS 67:1-7

PSALMS 67:1-7 AFR53

VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm. 'n Lied. Mag God ons genadig wees en ons seën; mag Hy sy aangesig by ons laat skyn! Sela. Sodat die mense op aarde u weg kan ken, onder al die nasies u heil. Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof. Die nasies sal bly wees en jubel, omdat U die volke regverdig oordeel en die nasies op aarde lei. Sela. Die volke sal U loof, o God, die volke almal saam sal U loof. Die aarde het sy opbrings gelewer; God, onse God, sal ons seën.

Gratis leesplanne en oordenkings oor PSALMS 67:1-7