PSALMS 130:1-8

PSALMS 130:1-8 AFR53

'N BEDEVAARTSLIED. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE! Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge. As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan? Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word. Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord. My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre. Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede.

Video for PSALMS 130:1-8