Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid. 'n Lied. Aan U kom 'n lofsang toe, o God wat in Sion is; aan U moet geloftes betaal word. U wat gebede hoor – na U moet alle mense kom. Al sou sondeskuld my oorweldig, U bedek ons oortredings. Gelukkig is die mens vir wie U uitkies en laat nader kom – hy mag woon in u voorhowe. Ons wil graag versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u •tempel. U antwoord ons in geregtigheid met ontsagwekkende dade, o God wat ons verlos – U, die vertroude tot aan al die eindes van die aarde en die verste seë, die Een wat die berge vestig deur sy krag, wat omgord is met mag, wat die gedreun van die seë stilmaak, die gedreun van hulle golwe, die rumoer van volke. Daarom het die bewoners van die eindes van die aarde ontsag vir u tekens. U laat 'n gejubel opklink waar die son opkom en waar dit ondergaan. U het na die land omgesien, dit deurdrenk, dit besonder verryk. God se leivoor is vol water. U sorg vir hulle koring, want so berei U die grond voor: U maak die vore nat, die ploegbanke gelyk; met reënbuie maak U die aarde sag, U seën dit wat daar opkom. U kroon u goeie jaar; u spore drup van vettigheid. Die weivelde van die woestyn drup, die heuwels omgord hulle met 'n gejuig.
Lees Psalms 65
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: Psalms 65:1-13
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's