Psalms 41:1-13

Psalms 41:1-13 AFR20

Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid. Gelukkig is die mens wat die hulpelose in ag neem; op die dag van onheil sal die HERE hom laat ontkom. Die HERE sal hom beskerm en in die lewe hou; hy sal gelukkig genoem word in die land. U moet hom nie uitlewer aan die begeerte van sy vyande nie. Die HERE sal hom ondersteun op sy siekbed. Waar hy ook al siek lê, maak U hom gesond. Ek, ek het gesê: “HERE, wees my genadig, genees my tog, want ek het teen U gesondig. My vyande wens my kwaad toe, ‘Wanneer sterf hy en verdwyn sy naam?’ As iemand my besoek, huigel hy; in sy hart koester hy onheilsgedagtes en as hy buite kom, dan praat hy. Almal wat my haat, fluister onder mekaar oor my. Teen my beplan hulle onheil Hulle sê, ‘Iets slegs het hom aangetas, en hy wat daar lê, sal nie weer opstaan nie.’ Selfs my vriend wat ek vertrou het, hy wat my brood geëet het, het die hakskeen teen my gelig.” Maar U, HERE, wees my genadig en laat my opstaan, sodat ek hulle kan vergeld. Hieraan weet ek dat U my goedgesind is: dat my vyand nie oor my juig nie. Wat my betref, omdat ek onberispelik is, ondersteun U my. U laat my altyd in u teenwoordigheid staan.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid