Psalms 21:1-13

Psalms 21:1-13 AFR20

Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid. HERE, die koning is bly oor u beskerming; hoe uitbundig juig hy oor u verlossing. Wat sy hart begeer, het U vir hom gegee en wat sy lippe verlang, het U hom nie geweier nie. •Sela Ja, U tree hom tegemoet met goeie seëninge; U sit 'n kroon van fyngoud op sy kop. Lewe het hy van U gevra en U het dit aan hom gegee, 'n lang leeftyd, vir altyd en ewig. Hy geniet hoë aansien deur die verlossing wat U bring; luister en majesteit verleen U aan hom. Ja, U oorlaai hom vir altyd met seëninge. U maak hom baie bly met u teenwoordigheid. Omdat die koning vertrou op die HERE, op die troue liefde van die Allerhoogste, sal hy nie wankel nie. U hand sal al u vyande vind. U regterhand sal dié vind wat u haat. U maak van hulle 'n vurige oond wanneer u verskyn. Die HERE sal hulle in sy toorn verslind en vuur sal hulle verteer. Hulle vrug sal u uit die land laat verdwyn en hulle nageslag onder die mense. Wanneer hulle boosheid bedink teen u, 'n komplot smee, sal hulle nie slaag nie; want u sal hulle op die vlug laat slaan wanneer u op hulle aanlê met 'n gespande boog.