Psalms 21

21
1Vir die •musiekleier. 'n Psalm. Van Dawid.
2 Here, die koning is bly
oor u beskerming;
hoe uitbundig juig hy
oor u verlossing.
3Wat sy hart begeer,
het U vir hom gegee
en wat sy lippe verlang,
het U hom nie geweier nie. •Sela
4Ja, U tree hom tegemoet
met goeie seëninge;
U sit 'n kroon van fyngoud op sy kop.
5Lewe het hy van U gevra
en U het dit aan hom gegee,
'n lang leeftyd, vir altyd en ewig.
6Hy geniet hoë aansien
deur die verlossing wat U bring;
luister en majesteit
verleen U aan hom.
7Ja, U oorlaai hom vir altyd
met seëninge.
U maak hom baie bly
met u teenwoordigheid.
8Omdat die koning vertrou
op die Here,
op die troue liefde van die Allerhoogste,
sal hy nie wankel nie.
9U hand sal al u vyande vind.
U regterhand sal dié vind
wat u haat.
10 U maak van hulle 'n vurige oond
wanneer u verskyn.
Die Here sal hulle
in sy toorn verslind
en vuur sal hulle verteer.
11Hulle vrug sal u uit die land
laat verdwyn
en hulle nageslag onder die mense.
12Wanneer hulle boosheid bedink
teen u,
'n komplot smee,
sal hulle nie slaag nie;
13want u sal hulle op die vlug
laat slaan
wanneer u op hulle aanlê
met 'n gespande boog.
14Verhef U, Here, in u krag!
Ons wil sing, u mag wil ons besing.

Tans Gekies:

Psalms 21: AFR20

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid