Psalms 119:9-16

Psalms 119:9-16 AFR20

Hoe sal 'n jongmens sy lewenspad suiwer hou? Deur te hou by u woord. Met my hele hart soek ek U; laat my tog nie afdwaal van u bevele nie. In my hart koester ek u woord, sodat ek nie teen U sondig nie. U moet geprys word, HERE! Leer my u voorskrifte! Met my lippe vertel ek van al die beslissings van u mond. Oor die pad van u bepalings is ek verheug soos oor enige rykdom. Oor u opdragte wil ek nadink; ek wil op u paaie let. In u voorskrifte vind ek vreugde; ek sal u woord nie vergeet nie.

Video for Psalms 119:9-16