PSALMS 119:9-16

PSALMS 119:9-16 NLV

Hoe kan ’n jongmens ’n skoon lewe lei? Deur sy lewe in te rig volgens u woord. Met my hele hart soek ek U; moenie dat ek afdwaal van u gebooie nie. Ek het u woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie. Geseënd is U, o HERE; leer my u voorskrifte. Die bepalings van u mond het ek met my lippe bekendgemaak. In u voorwaardes het ek my verlustig soos ’n mens bly is oor rykdom. Ek wil oor u bevele nadink en let op u weë. Ek sal my verbly in u voorskrifte en u woord nie vergeet nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid