Spreuke 18:2-13

Spreuke 18:2-13 AFR20

'n Dwaas het geen sin in verstandigheid nie, maar net sin daarin om sy hart te ontbloot. Wanneer 'n goddelose opdaag, daag veragting ook op, en saam met skande, ook bespotting. Diep water is die woorde uit 'n man se mond; 'n bruisende stroom is 'n bron van wysheid. Om vir 'n dwaas partydig te wees, is nie goed nie; dit is om 'n regverdige in die reg te dwarsboom. Die lippe van 'n dwaas kom met 'n getwis, en sy mond roep om slae. Die mond van die dwaas is sy ondergang, en sy lippe 'n valstrik vir sy lewe. Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye – dit gaan af na die binneste van die liggaam. Ook hy wat sloer in sy dagtaak is die broer van 'n opperste verwoester. 'n Sterk toring is die Naam van die HERE; die regverdige hardloop dit binne, en is onbereikbaar. Die besittings van 'n ryke is sy sterk stad; soos 'n ontoeganklike stadsmuur is dit in sy verbeelding. Voor ineenstorting is 'n mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan eer vooraf. Wie antwoord voordat hy luister – sotheid is sy deel, en ook vernedering.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid