SPREUKE 18:2-13
SPREUKE 18:2-13 Bybel vir almal (ABA)
'n Dwaas wil nie verstandig word nie, hy wil net sê wat hy self dink. Iemand wat verkeerd doen, beledig mense oral waar hy kom, hy verneder hulle en hy laat hulle sleg voel. Die dinge wat 'n mens sê, kan soos diep water wees, soos 'n waterstroom wat vinnig vloei, daar kan wysheid uitkom. Dit is nie goed om te sê iemand wat skuldig is, is onskuldig nie, want dan sê jy die persoon wat onskuldig is, is skuldig. 'n Dwaas wil altyd twis wanneer hy praat, hy kry straf oor wat hy sê. Wanneer 'n dwaas praat, dan laat hy dit sleg gaan met homself, die dinge wat hy sê, is vir hom soos 'n vangstrik wat hom vang. Skinderstories is soos lekkers, mense glo graag skinderstories. Iemand wat nie sy werk goed doen nie, is soos iemand wat alles afbreek. Die Naam van die Here is soos 'n sterk toring. Wanneer jy aan Hom behoort en reg lewe, dan is jy veilig. 'n Ryk mens dink sy goed is soos 'n stad wat sterk mure het, hy dink sy goed sal hom beskerm soos 'n hoë muur. Die Here sal 'n hoogmoedige mens verwoes, maar Hy sal 'n nederige mens belangrik laat word. Iemand wat nie goed luister voordat hy antwoord nie, doen 'n dom ding, en almal sal dink hy is dom.
SPREUKE 18:2-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die dwaas het geen behae in verstandigheid nie, maar net daarin dat sy hart openbaar word. As die goddelose kom, kom ook veragting; en saam met die skande, versmading. Die woorde van 'n man se mond is diep waters, 'n stroom wat bruis, 'n fontein van wysheid. Om vir die goddelose partydig te wees, om die regverdige in die gereg weg te stoot, is nie goed nie. Die lippe van die dwaas kom met getwis, en sy mond roep na slae. Die mond van die dwaas is sy ondergang en sy lippe 'n strik vir sy lewe. Die woorde van die kwaadstoker is soos lekkernye, en dit gly af na die kamers van die binneste. Alreeds hy wat hom slap hou in sy werk, hy is 'n broer van 'n verwoester. Die Naam van die HERE is 'n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut. Die goed van die ryke is sy sterk stad en soos 'n steil muur in sy verbeelding. Voor die verbreking is die mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan aan die eer vooraf. Hy wat antwoord gee voordat hy gehoor het, vir hom sal dit 'n sotheid en 'n skande wees.
SPREUKE 18:2-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die dwaas stel nie belang in insig nie, hy wil net sy eie opinie bekend maak. Waar daar goddeloosheid kom, kom daar krenkende optrede, en saam met die belediging kom die skande. Die woorde van 'n mens kan diep waters wees, 'n bruisende stroom, 'n bron van wysheid. Dit is nie goed om partydig te wees vir die skuldige en om die onskuldige sy reg te ontsê nie. 'n Dwaas praat hom in 'n rusie in, hy soek slae met wat hy sê. 'n Dwaas se mond is sy ondergang, sy eie woorde is 'n dodelike strik. Skinderstories word gretig verslind; mense sluk dit so maklik. Een wat nalatig is met sy werk en een wat alles afbreek, is tweelingbroers. Die Naam van die Here is 'n sterk vesting; die regverdige vind daar skuiling. Die ryk man sien sy besittings as sy vestingstad, as 'n hoë muur wat hom beskerm. Op selfverheffing volg ineenstorting, op nederigheid eer. Wie antwoord voor hy die vraag gehoor het, is dwaas en kom in die skande.
SPREUKE 18:2-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Dwaas het geen sin in verstandigheid nie, maar net sin daarin om sy hart te ontbloot. Wanneer 'n goddelose opdaag, daag veragting ook op, en saam met skande, ook bespotting. Diep water is die woorde uit 'n man se mond; 'n bruisende stroom is 'n bron van wysheid. Om vir 'n dwaas partydig te wees, is nie goed nie; dit is om 'n regverdige in die reg te dwarsboom. Die lippe van 'n dwaas kom met 'n getwis, en sy mond roep om slae. Die mond van die dwaas is sy ondergang, en sy lippe 'n valstrik vir sy lewe. Die woorde van 'n kwaadstoker is soos lekkernye – dit gaan af na die binneste van die liggaam. Ook hy wat sloer in sy dagtaak is die broer van 'n opperste verwoester. 'n Sterk toring is die Naam van die HERE; die regverdige hardloop dit binne, en is onbereikbaar. Die besittings van 'n ryke is sy sterk stad; soos 'n ontoeganklike stadsmuur is dit in sy verbeelding. Voor ineenstorting is 'n mens se hart hoogmoedig, maar nederigheid gaan eer vooraf. Wie antwoord voordat hy luister – sotheid is sy deel, en ook vernedering.
SPREUKE 18:2-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Dwaas het geen behae in verstand nie, maar dat sy hart homself kan ontdek. Wanneer die goddelose kom, dan kom ook veragting en met smaad smaad. Die woorde van 'n mens se mond is soos diep waters, en die fontein van wysheid soos 'n vloeiende stroom. Dit is nie goed om die persoon van die goddelose te aanvaar nie, om die regverdige omver te werp in die oordeel. 'n Dwaas se lippe kom in twis, en sy mond roep om slae. 'n Dwaas se mond is sy ondergang, en sy lippe is die strik van sy siel. Die woorde van 'n kwaadspreker is soos wonde, en dit gaan af na die binneste van die buik. Hy wat traag is in sy werk, is ook 'n broer vir hom wat 'n groot verwoester is. Die Naam van die HERE is 'n sterk toring: die regverdige hardloop daarin en is veilig. Die rykdom se rykdom is sy sterk stad, en soos 'n hoë muur in sy eie verwaandheid. Voor vernietiging is die hart van die mens hoogmoedig, en voor eer is nederigheid. Hy wat 'n saak beantwoord voordat hy dit hoor, dit is vir hom dwaasheid en skande.
SPREUKE 18:2-13 Die Boodskap (DB)
’n Dwaas gee absoluut niks om vir die regte manier van leef nie. Sy mond is altyd vol oor ander mense. Pas op vir slegte mense. Almal verag en verstoot hulle. Vriendskap met hulle bring skuldgevoelens. ’n Gelowige se woorde is soos ’n borrelende fontein. Dit bemoedig mense, troos hulle, wys hulle die regte pad. Dit is verskriklik wanneer ’n skuldige vrygespreek word. Nog erger is dit as ’n gelowige onskuldig aangekla word. ’n Dwaas raak die vreeslikste goed oor ander kwyt. Dit maak mense woedend. Hulle wil later niks met hom te doen hê nie. ’n Dwaas se ondergang is sy mond. Hy praat te veel en skinder oor almal en vertel ’n spul leuens. Naderhand verstoot almal hom. Skinder is soos ’n stukkie sjokolade. Dit is lekker. ’n Mens kan nie ophou eet nie. Almal wil daarvan hê. Te veel maak ’n mens siek. Wie laat kom by die werk, vroeg loop, baie rondloop, lang teetye neem en afskeepwerk doen, bewerk sy eie ondergang. Hy kan sy werk verloor en sy familie kan ly. Die Here is soos ’n sterk gebou. In swaar tye kan gelowiges by Hom gaan wegkruip. By Hom is hulle veilig. Ryk mense dink dat geld alles is, dat dit hulle teen gevare sal beskerm. Wie so dink, leef in ’n gekkeparadys. Hoogmoediges se grootpraatjies help hulle niks in ’n krisis nie. Nederiges wat op die Here vertrou, word in elke nood gehelp. Iemand wat antwoord voordat hy luister, praat die grootste onsin. Niemand wil hom meer enige raad vra nie.
SPREUKE 18:2-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Dwaas het geen erg aan insig nie. Hy stel net daarin belang om sy eie opinie bekend te maak. Waar goddeloosheid sy voet by die deur inkry, kom minagting daarmee saam. Saam met die belediging kom ook die skande. ’n Man se woorde kan diep waters wees, ’n borrelende fontein waaruit wysheid vloei. Dit is verkeerd vir ’n regter om partydig te wees vir die skuldige, deur teen die onskuldige uitspraak te lewer. ’n Dwase mens praat hom alewig in ’n rusie in; hy soek vir ’n pak slae met wat hy sê. ’n Dwaas se mond is sy ondergang. Met sy woorde stel hy vir homself ’n noodlottige strik. Skinderstories is so soet soos lekkernye, dit sink tot diep in jou gemoed. Iemand wat lui is in sy werk, is die tweelingbroer van die verwoester. Die Naam van die HERE is soos ’n veilige fort. Die regverdige gaan skuil daar en word beskerm. Die ryk man beskou sy rykdom as ’n ondeurdringbare vesting. In sy verbeelding is dit ’n hoë muur waaragter hy beskerm word. Op selfverheffing volg ineenstorting. Op nederigheid volg eer. Iemand wat ’n antwoord gee voor hy die vraag gehoor het, is dwaas. Skande wag vir hom.