Spreuke 18:2-13

Spreuke 18:2-13 ABA

'n Dwaas wil nie verstandig word nie, hy wil net sê wat hy self dink. Iemand wat verkeerd doen, beledig mense oral waar hy kom, hy verneder hulle en hy laat hulle sleg voel. Die dinge wat 'n mens sê, kan soos diep water wees, soos 'n waterstroom wat vinnig vloei, daar kan wysheid uitkom. Dit is nie goed om te sê iemand wat skuldig is, is onskuldig nie, want dan sê jy die persoon wat onskuldig is, is skuldig. 'n Dwaas wil altyd twis wanneer hy praat, hy kry straf oor wat hy sê. Wanneer 'n dwaas praat, dan laat hy dit sleg gaan met homself, die dinge wat hy sê, is vir hom soos 'n vangstrik wat hom vang. Skinderstories is soos lekkers, mense glo graag skinderstories. Iemand wat nie sy werk goed doen nie, is soos iemand wat alles afbreek. Die Naam van die Here is soos 'n sterk toring. Wanneer jy aan Hom behoort en reg lewe, dan is jy veilig. 'n Ryk mens dink sy goed is soos 'n stad wat sterk mure het, hy dink sy goed sal hom beskerm soos 'n hoë muur. Die Here sal 'n hoogmoedige mens verwoes, maar Hy sal 'n nederige mens belangrik laat word. Iemand wat nie goed luister voordat hy antwoord nie, doen 'n dom ding, en almal sal dink hy is dom.

Video for Spreuke 18:2-13

Gratis leesplanne en oordenkings oor Spreuke 18:2-13