Matteus 21:12-20

Matteus 21:12-20 AFR20

Jesus het die tempelterrein binnegegaan en almal wat op die tempelterrein aan die koop en verkoop was, uitgejaag. Hy het die tafels van die geldwisselaars en die stoele van die duiweverkopers omgegooi en vir hulle gesê: “Daar staan geskryf, ‘My huis sal 'n huis van gebed genoem word’. Maar julle het daarvan 'n rowerspelonk gemaak!” Blindes en verlamdes het daar op die tempelterrein na Hom gekom, en Hy het hulle gesond gemaak. Toe die leierpriesters en skrifkenners die wonderbaarlike dinge sien wat Hy doen, en ook die kinders wat op die tempelterrein uitroep, “Hosanna vir die •Seun van Dawid!” was hulle verontwaardig en het vir Hom gesê: “Hoor jy wat sê hierdie kinders?” Maar Jesus antwoord hulle: “Ja, het julle nog nooit gelees nie, ‘Uit die mond van kleuters en suigelinge het U lof vir U laat opklink’?” Hy het hulle verlaat, uit die stad uit na Betanië gegaan, en daar oornag. Vroegoggend, op pad terug na die stad, het Hy honger geword. Toe Hy 'n enkele vyeboom langs die pad sien, het Hy daarheen geloop, maar niks daaraan gevind nie, net blare. Toe sê Hy vir die vyeboom: “Mag jy tot in ewigheid nooit weer vrug dra nie!” Die vyeboom het onmiddellik verdroog. Toe die dissipels dit sien, was hulle verbaas en vra: “Hoe het die vyeboom so skielik verdroog?”

Gratis leesplanne en oordenkings oor Matteus 21:12-20

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid