Jesaja 42:1-3

Jesaja 42:1-3 AFR20

“ Kyk, hier is my dienskneg wat Ek ondersteun, my uitverkorene in wie my binneste vreugde vind. Ek het my Gees op hom laat kom; hy sal reg vir die nasies laat deurbreek. Hy sal nie om hulp roep en nie uitroep nie. Hy sal nie sy stem op straat laat hoor nie. 'n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, 'n dowwe lamppit sal hy nie uitdoof nie; in getrouheid sal hy reg laat deurbreek.