Jesaja 30:27-33

Jesaja 30:27-33 AFR20

Kyk, die Naam van die HERE kom van ver, sy toorn brand, dit laai op. Sy lippe is vol vervloeking, sy tong 'n verterende vuur. Sy asem is soos 'n stroom in vloed – tot by die nek reik dit. Hy is daarop uit om nasies te skud in die sif van vernietiging. Hy sit teuels wat mislei aan die kake van volke. Vir julle sal daar sang wees soos in die nag van heiliging voor 'n fees – met vreugde in die hart soos in 'n optog met fluite, op pad na die berg van die HERE, na die Rots van Israel. Die HERE sal sy majestueuse stem laat hoor, die neerkom van sy arm laat sien in heftige striemende toorn – 'n vlam van verterende vuur, gietende reën, stortbuie en haelstene. Ja, vanweë die stem van die HERE sal Assirië verskrik wees – met 'n stok sal Hy hom slaan. Elke hou van die staf wat straf, wat die HERE op hom laat neerkom, sal onder tamboeryn- en lierspel plaasvind. Met sy oorlogstuig sal Hy met opgeligte hand teen die land veg. Ja, 'n brandstapel is lankal reeds gepak; dit is ook vir die koning gereedgemaak – diep en wyd – 'n stapel, met vuur en hout in oorvloed; die asem van die HERE brand soos 'n stroom swawel daarin.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid