Ester 2:19-23

Ester 2:19-23 AFR20

Toe daar vir 'n tweede keer maagde bymekaargebring is, het Mordegai in die poort van die koning se paleis gesit. Ester het nie haar afkoms en haar volksverband bekend gemaak nie, soos Mordegai haar beveel het. Sy het Mordegai se bevel gehoorsaam soos toe sy nog in sy sorg was. In daardie tyd, terwyl Mordegai in die paleispoort gesit het, het Bigtan en Teres, twee van die koning se paleisamptenare, die deurwagters, hulle bloedig vererg en was toe daarop uit om koning Ahasveros te vermoor. Toe Mordegai daarvan te hore kom, het hy dit aan koningin Ester gerapporteer, en Ester het namens Mordegai die koning ingelig. Toe die saak ondersoek en as waar bevind is, is die twee paleisamptenare aan 'n houtpaal gehang. Dit alles is in die boekrol met die kronieke opgeskryf in die teenwoordigheid van die koning.