Nadat al die jongmeisies na die ander deel van die vrouekwartiere toe is, is Mordegai in ’n administratiewe posisie aangestel. Ester het nog steeds niks oor haar agtergrond of haar herkoms gesê nie. Sy het nog na Mordegai geluister soos voorheen toe sy deel was van sy huisgesin. Gedurende die tyd wat Mordegai in diens van die koning was, het Bigtan en Teres, twee van die koning se persoonlike lyfwagte, kwaad geword vir koning Ahasveros en planne beraam om hom te vermoor. Mordegai het daarvan te hore gekom en dit vir koningin Ester vertel. Ester het op haar beurt vir die koning vertel wat Mordegai uitgevind het. ’n Ondersoek het toe aan die lig gebring dat Mordegai die waarheid praat. Die twee skuldiges is dadelik gehang. Die koning het opdrag gegee dat hierdie gebeurtenis amptelik as deel van die geskiedenis van sy regeringstyd opgeteken moes word.
Lees Ester 2
Deel
Vergelyk alle weergawes: Ester 2:19-23
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's