Deuteronomium 28:64-65

Deuteronomium 28:64-65 AFR20

en die HERE sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde. Daar sal jy ander gode dien, hout en klip, wat jy of jou voorouers nie geken het nie. By daardie nasies sal jy nie rus vind nie. Daar sal nie 'n rusplek vir jou voetsool wees nie. Die HERE sal daar vir jou 'n hart vol angs, kwynende oë en 'n lewe van wanhoop gee.