Deuteronomium 28:1-6

Deuteronomium 28:1-6 AFR20

“ As jy aandagtig luister na die stem van die HERE jou God deur al sy gebooie wat ek vandag vir jou voorskryf, nougeset na te kom, sal die HERE jou God jou verhoog bo al die nasies van die aarde. Al hierdie seëninge sal jy ontvang, en dit sal jou deel word as jy luister na die stem van die HERE jou God: “Geseënd sal jy wees in die dorp en geseënd sal jy wees in die veld! Geseënd die vrug van jou liggaam, die vrug van jou grond en die vrug van jou diere – die aanteel van jou beeste en die aanwas van jou kleinvee! Geseënd jou mandjie, en jou knieskottel! “Geseënd sal jy wees wanneer jy terugkeer en geseënd sal jy wees wanneer jy uittrek.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Deuteronomium 28:1-6