DEUTERONOMIUM 28:1-6

DEUTERONOMIUM 28:1-6 AFR83

“As jy goed luister na die Here jou God en jy gehoorsaam al sy gebooie wat ek jou vandag gee, en jy lewe daarvolgens, sal die Here jou God jou oor al die nasies van die aarde stel. “As jy luister na die Here jou God, sal al hierdie seëninge oor jou kom en jou lewe verryk. “Jy sal geseën wees in die stad, jy sal geseën wees in die oop veld. “Jou nageslag sal geseën wees, en die opbrengs van jou lande en die aanteel van jou diere, jou kalweroes en jou lammeroes. “Jou oesmandjie en jou knieskottel sal geseën wees. “Jy sal geseën wees waar jy ook gaan.

Gratis leesplanne en oordenkings oor DEUTERONOMIUM 28:1-6

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid