Elisa het teruggegaan na Gilgal. Daar was hongersnood in die land. Terwyl die profetegroep voor hom sit, het hy vir sy dienaar gesê: “Sit 'n groot pot op en kook 'n gereg vir die profetegroep.” Een van hulle het uitgegaan in die veld om wildemalvablare te pluk. Hy kom toe af op 'n wilde rankplant en pluk bitterappels daarvan af, totdat die vou in sy kleed vol was. Hy kom toe en sny dit op in die pot met die gereg, alhoewel hulle dit nie geken het nie. Hulle het dit vir die manne uitgedeel om te eet, maar toe hulle van die gereg begin eet, roep hulle uit en sê: “Die dood is in die pot, man van God!” Hulle kon dit nie eet nie. Hy sê toe: “Gaan haal meel!” Hy het dit in die pot gegooi en gesê: “Deel uit vir die mense sodat hulle kan eet!” Daar was toe nie meer iets skadeliks in die pot nie.
Lees 2 Konings 4
Deel
Vergelyk alle weergawes: 2 Konings 4:38-41
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's