2 KONINGS 4:38-41

2 KONINGS 4:38-41 AFR83

Elisa is terug Gilgal toe. Daar was in dié tyd 'n hongersnood in die land. Terwyl die profete aan sy voete gesit het, sê hy vir sy slaaf: “Sit 'n groot pot op die vuur en kook 'n bredie vir die profete.” Een van hulle is veld toe om te gaan kruie pluk. Hy het op wilde ranke afgekom en wildekomkommers daarvan afgepluk tot sy sakke vol was. Hy het dit in die pot met bredie gaan insny sonder om te weet wat dit regtig was. Hulle het met ete vir die manne van die bredie opgeskep, maar net toe hulle dit proe, roep hulle uit: “Man van God, daar is gif in die kos!” Hulle kon dit nie eet nie. Elisa het gesê: “Bring 'n bietjie meel.” Hy het dit in die pot gegooi en gesê: “Skep op vir die mense dat hulle kan eet.” Die kos in die pot was toe nie meer giftig nie.