1 Korinthiërs 13:4-9, 13

1 Korinthiërs 13:4-9 AFR20

Liefde bly geduldig, liefde gee om, liefde is nie jaloers nie, spog nie, en is nie verwaand nie. Liefde tree nie onbehoorlik op nie, jaag nie eiebelang na nie, is nie liggeraak nie. Dit hou nie boek van die kwaad nie, is nie bly oor onreg nie, maar is saam bly oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verduur alles. Liefde faal nooit nie. Maar profesieë, dit sal tot 'n einde kom; of tale, dit sal ophou; of kennis, dit sal tot niet gaan. Want ons ken gedeeltelik, en ons profeteer gedeeltelik

1 Korinthiërs 13:13 AFR20

En nou bly geloof, hoop en liefde, hierdie drie – maar die grootste hiervan is die liefde.