Psalms 67:1-7

Psalms 67:1-7 ABA

Vir die leier van die koor: Met snaarmusiek. 'n Psalm, 'n lied. O God, U moet goed wees vir ons en ons seën, U moet na ons toe kom. Sela Dan sal die mense op die aarde weet wat U wil hê, al die volke sal weet dat U hulle wil red. O God, die volke moet U prys, die volke moet U prys, hulle almal moet dit doen. Die volke moet bly wees en vrolik sing, want wanneer U die volke oordeel, dan doen U reg aan almal. U lei die volke op die aarde. O God, die volke moet U prys, die volke moet U prys, hulle almal moet dit doen. Die aarde het koring en vrugte gegee, God, ons God, seën ons.

Gratis leesplanne en oordenkings oor Psalms 67:1-7