Psalms 130:1-8

Psalms 130:1-8 ABA

'n Lied wanneer mense na die tempel gaan. Here, ek is in diep water, ek roep en ek vra dat U my moet help. My Here, U moet hoor, U moet luister, ek soebat en ek vra dat U my moet help. Here, as U aangehou het om te dink aan die sondes wat mense doen, Here, wie sou dan nog kon lewe? Maar U vergewe mense se sondes, U wil hê dat hulle U moet dien. Ek wag vir die Here, ek verlang na Hom, ek glo dat Hy sal doen wat Hy gesê het. Ek verlang na die Here, ek verlang meer as wagte wat verlang dat dit oggend moet word, meer as wagte wat verlang dat dit oggend moet word. Israeliete, julle moet in die Here glo, want die Here doen altyd wat Hy belowe het, Hy red ons altyd weer. Hy sal sy volk Israel red van al hulle sondes.

Video for Psalms 130:1-8