Johannes 14:25-26

Johannes 14:25-26 ABA

Ek het hierdie dinge vir julle gesê terwyl Ek nog by julle was. Later, wanneer Ek weggegaan het, sal die Vader vir julle 'n Helper stuur om by julle te wees omdat Ek nie meer by julle is nie. Die Helper is die Heilige Gees. Hy sal vir julle alles leer. Ja, Hy sal julle laat onthou wat Ek vir julle gesê het.