Gratis leesplanne en oordenkings oor JOHANNES 14:25

Die Teken van die Kruis
5 Dae
Om die teken van die kruis te maak wanneer jy bid, het ontstaan toe die vroeë Christene 'n kruis op hul voorkoppe gemaak het. Mettertyd het hierdie gebruik verder ontwikkel en word deesdae gereeld deur meer as 'n miljard mense in die wêreld gebruik. Ons gaan in hierdie Bybelstudie die beoefening van gebed bestudeer en ook die omvang van die geheimenis van die Drie-eenheid en die opoffering van ons liefdevolle God.

Die Meedoënlose Uitskakeling Van Haas
5 Dae
Haas maak jou nie net moeg nie. Dit is die groot vyand van jou geestelike lewe. In "The Ruthless Elimination of Hurry" verskaf John Mark Comer vier eenvoudige oefeninge om emosioneel gesond en geestelik lewendig te bly: 1) Stilte en afsondering, 2) die Sabbat, 3) eenvoud en 4) 'n stadige pas. Dit is die ongejaagde manier van Jesus.

Om God se Vrede te Ervaar
5 Dae
Die wêreld se vrede is heeltemal anders as God se vrede. Wêreldse vrede is tydelik en van omstandighede afhanklik. Daarteenoor bied God se vrede 'n permanente oplossing, naamlik die redding deur Jesus en sy teenwoordigheid in ons lewens. In hierdie leesplan sal ons kyk wat God se vrede werklik beteken en hoe ons dit in ons lewens kan ervaar.

Eerder Vreugde as Spanning: Hoe Om Vreugde 'n Daaglikse Gewoonte te Maak
6 dae
Ons is oorspanne. Die samelewing maak ons wys dat ons die volgende gelukkige oomblik moet najaag om spanning te kan oorwin. Die Bybel skets egter vir ons 'n ander prentjie. Hierdie 6-dag leesplan sal jou wys hoe jy prakties jou daaglikse spanning kan beveg deur Bybelse vreugde 'n gewoonte te maak.

Die Bybel: 'n Verduideliking
7 Dae
Die Bybel is een van die invloedrykste boeke van alle tye, maar dit kan oorweldigend voorkom om te weet hoe om dit te verstaan en wat om daarmee te doen. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te ontsluit wat die Bybel is, hoekom dit saak maak, en hoe jy dit vandag kan verstaan. Ons sal ook ontdek hoe jy God se Woord in sy wêreld kan aanwend.

BibleProject | Wat Gee Jou Hoop?
7 dae
BibleProject het hierdie plan ontwerp om individue en groepe te help om oor die tema van hoop na te dink. Wat is die verskil tussen optimisme en opregte, lewende hoop? Ons verken Bybelse woorde vir “hoop” en ontdek hoopvervulde temas soos opstanding, die Evangelie van God se Koninkryk, die Heilige Gees en die hereniging van Hemel en Aarde.

Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees
7 dae
Oor die algemeen weet Christene 'n aantal dinge oor die gawes van die Heilige Gees. Ons weet egter nie genoeg van die Persoon en Godheid van die Heilige Gees nie. Hierdie leesplan sal jou help om meer te verstaan van die Heilige Gees as God en as een van die Persone in die Drie-eenheid.
Wat Jesus Gesê Het Oor God Die Heilige Gees
7 Dae
Oor die algemeen weet Christene 'n aantal dinge oor die gawes van die Heilige Gees. Ons weet egter nie genoeg van die Persoon en Godheid van die Heilige Gees nie. Hierdie leesplan sal jou help om meer te verstaan van die Heilige Gees as God en as een van die Persone in die Drie-eenheid.

Die Laaste Lesse: 'n Leesplan vir die Heilige Week
10 Dae
Kom ons raak rustig in hierdie Heilige Week en leer oor Christus se laaste dae op aarde. Elke dag gaan ons lesse of geskenke kry waarmee Hy moeite gedoen het om vir ons te gee. Moet jy opnuut herinner word aan dit wat die belangrikste was vir Christus — dat jy sy mense moet liefhê en Hom volg? Wat sou Hy vir jou wou leer in hierdie Heilige Week?

Die Beter Leesplan
28 Dae
Voel jy oorweldig, ontevrede en in 'n groef vasgevang? Wens jy dat jou dag-tot-dag lewe kan verbeter? Die Woord van God is jou gids tot beter dae. Gedurende hierdie 28-dag leesplan sal jy maniere ontdek wat jou kan help om te verander van om net 'n goeie lewe te leef, na die tipe beter lewe wat God vir jou begeer om te hê.