JOB 30:20-31

JOB 30:20-31 NLV

“Ek roep na U, o God, maar U antwoord nie. Ek staan voor U, maar U sien my nie raak nie. U was genadeloos teenoor my. U vervolg my met u groot krag. U tel my op en laat die wind my wegwaai. U gooi my rond in die storm. Ek weet U stuur my na die dood, die bestemming van alles wat leef. “Sekerlik sal niemand die hand lê op ’n stukkende mens wat in sy ellende om hulp roep nie! Het ek nie gehuil oor mense wat swaarkry nie? Was ek nie hartseer oor arm mense se lyding nie? Daarom het ek medelye verwag. Maar in plaas van goed, het kwaad my getref. Ek het gewag vir die lig, maar dit het donker gebly. Ek is ontsteld en rusteloos. My lewe bestaan uit swaarkry. Ek leef in somberheid waar die son nie meer vir my skyn nie. Ek staan op die plein en roep om hulp. Die jakkalse is my broers en ek lewe saam met volstruise. My vel het swart geword, ek brand van die koors. My harp speel ’n treurlied. My fluit begelei mense wat huil.”