JESAJA 64:6-9

JESAJA 64:6-9 NLV

Voor U het ons almal geword soos iemand wat onrein is. Ons beste dade is soos vuil klere, soos verskrompelde blare. Deur ons sondes waai die wind ons weg. Niemand roep na U om hulp nie, niemand soek sy sterkte in U nie. U het u gesig vir ons verberg, U laat ons vergaan onder die las van ons sondes. Tog, HERE, is U ons Vader. Ons is soos klei en U is die Pottebakker. Deur u hand is ons almal gevorm. HERE, moet tog nie kwaad wees vir ons nie. Moenie ons sondes vir altyd teen ons hou nie. Ons bid tot U: Sien ons tog raak. Ons almal is tog u volk!

Gratis leesplanne en oordenkings oor JESAJA 64:6-9