Die regverdige gaan dood en niemand neem dit ter harte nie. Die getroues kom om voor hulle tyd. En niemand verstaan dat regverdiges sterf om aan boosheid te ontkom nie. Hulle wat opreg leef, gaan na waar daar vrede is, en vind rus in die graf. “Maar kom hier, julle kinders van towenaars, julle afstammelinge van egbrekers en prostitute! Met wie spot julle? Vir wie lag julle en steek julle tong uit? Julle is mos kinders van sondaars, die afstammelinge van leuenaars! Julle brand van wellus onder elke groen boom. Julle slag julle kinders in elke vallei, onder elke oorhangende rots. Julle gode is die gladde rotse in die valleie. Vir hulle het julle drankoffers uitgegiet en graanoffers aangebied. Moet ek tevrede daarmee wees? Op hoë berge en heuwels het jy ’n bed ingerig vir jou onsedelikhede deur afgode te aanbid. Jy het daarheen opgegaan om offers te bring. Agter toe deure het jy jou afgodsbeelde opgestel. Jy was ontrou aan My en het jou kaal uitgetrek. Jy het op die bed geklim, en vir hulle plek gemaak. Jy het ’n verbintenis met jou bedmaats gemaak en hulle naaktheid geniet. Jy het olyfolie en parfuum as offers vir Molek gegee. Jy het boodskappers na ver plekke gestuur, selfs tot in die doderyk. Jy het moeg geword van jou soektog, maar jy het nooit erken: ‘Dit is sinloos!’ nie. Jy het jouself weer versterk, en dan maar net aangegaan. “Hoekom was jy banger vir hulle as vir My? Hoekom onthou jy My nie meer nie en dink jy nie meer aan My nie? Is dit omdat Ek lank stilgebly het, dat jy My nie meer dien nie? Daarom sal Ek jou optrede ontbloot. Jou gode sal jou nie kan help nie.
Lees JESAJA 57
Deel
Vergelyk Alle Weergawes: JESAJA 57:1-12
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's