JESAJA 57:1-12
JESAJA 57:1-12 Die Boodskap (DB)
Die man wat reg gelewe het, gaan sommer net so dood. Niemand steur hulle daaraan nie. Mense wat getrou aan die Here was, sterf. Niemand verstaan waarom hulle doodgaan nie. Maar so word die regverdige gespaar van verdere ellende in die wêreld. Dié wat eerbaar geleef het, kan gaan rus in die graf. Kom ’n bietjie nader, julle kinders van ’n vrou wat haar met towery ophou. Kom hier, julle wat ’n straatvrou vir ’n ma het. Met wie wil julle gekskeer? Oor wie het julle so baie te sê? Vir wie staan julle en tong uitsteek? Is julle nie self die kinders van mense wat in opstand gekom het teen God nie? Is julle nie die nageslag van bedrieërs nie? Julle het seks onder groot bome om die afgode te vereer. Julle slaap by mekaar onder groen bome ter wille van die seksgode. Julle sny kinders keelaf onder in die laagtes. Julle offer hulle vir die afgode onder ’n groot rots. Julle maak van die groot klippe onder in die spruit julle gode. Julle dink dat hulle julle lewens reg kan laat loop. Julle gooi drank oor hierdie klippe uit om vir die gode te offer. Julle kom sit kos voor die klippe neer om hulle te aanbid. Dink julle vir ’n oomblik dat Ek hiermee tevrede kan wees? Julle klim op hoë berge om daar vir die gode seks te hê. Julle klim teen die berge uit om daar vir die gode offers te gaan bring. Jy het jou afgode in jou huis gaan sit en die deur agter jou gesluit. Jy het padgegee van My af en soos ’n prostituut met die afgode in die bed gaan klim. Jy het met hulle ’n ooreenkoms gaan maak soos ’n slegte vrou wat betaal word om saam met haar minnaars in die bed te klim. Jy het olie aan jou gesmeer en reukwater aangesit om vir die afgod Molek te offer. Jy het ver gaan soek vir ander gode tot wie jy kan bid. Jy het selfs in dieptes onder die aarde gaan soek. Julle word moeg van die soekery, maar julle dink nie daaraan om op te hou nie. Julle begeerte dryf julle om nooit op te hou soek nie. Watter gode het julle so bang en beangs gemaak dat julle vir My gelieg het? Waarom het julle skoon van My vergeet? Waarom het julle My uit julle gedagtes laat gaan? Was dit omdat Ek so lank maar net stilgebly het dat julle opgehou het om respek vir My te hê? Ek sal nou vir almal wys hoe verkeerd julle was en watter foute julle gemaak het. Daardie afgode gaan julle niks in die sak bring nie.
JESAJA 57:1-12 Bybel vir almal (ABA)
Die mense wat doen wat die Here wil hê, sterf. Dit is slegte mense wat hulle laat sterf. Mense wat reg lewe, het vrede wanneer hulle sterf en in hulle graf lê. Maar julle wat dink julle weet wat ander mense nie kan weet nie, julle wat by ander mans se vroue slaap, kom hiernatoe. Vir wie spot julle, vir wie steek julle tong uit? Oor wie is julle bly omdat dit sleg gaan met hulle? Julle is opstandig teen die Here en julle is vals. Julle dien afgode onder die groot bome, onder elke groen boom. Julle slag julle kinders en offer hulle in die berge onder die rotse wat oorhang. Julle dink die gladde klippe in die valleie sal julle gelukkig maak, en julle bring vir hulle drank-offers en koring-offers. Die Here vra: “Moet Ek daarmee tevrede wees en niks doen nie? Julle het vir julle beddens gemaak op die hoë berge en julle het daarnatoe opgeklim om offers te bring. Julle het beelde agter die deure in julle huise gesit. Julle het weggegaan van My en julle het ander gode gedien. Julle is soos 'n slegte vrou wat haar klere uittrek en by 'n ander man in die bed klim, en dit is vir haar lekker om na sy kaal liggaam te kyk. Julle het baie olyf-olie en wierook geneem en julle het die afgod Molek gaan dien. Julle het boodskappers gestuur om nog gode te soek in ver plekke, ook in die doderyk. Julle het so baie gesoek dat julle moeg geword het, maar julle het nie opgehou nie. Julle was altyd lus vir nog afgode, daarom het julle aangehou. Vir wie was julle bang? Hoekom het julle aangehou om vir My te lieg? Hoekom dink julle nie meer aan My nie? Hoekom is julle nie bang vir My nie? Is dit omdat Ek so lank stilgebly het? Julle dink julle het reg gedoen, maar Ek sal nou praat oor wat julle gedoen het, en julle gode sal julle nie kan help nie.
JESAJA 57:1-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DIE regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; en die vromes word weggeruk sonder dat iemand daarop let; want die regverdige word weggeruk vanweë die boosheid. Hy gaan in die vrede in: hulle sal rus op hulle bedde — hy wat sy reguit pad loop. Maar julle, kom hierheen, kinders van 'n towerheks, geslag van 'n owerspeler en van haar wat hoereer! Oor wie maak julle jul vrolik? Oor wie spalk julle die mond oop, steek julle die tong uit? Is julle nie kinders van oortreding, 'n leuenagtige geslag nie, wat verhit is by die terpentynbome, onder elke groen boom; wat die kinders slag in die dale, onderkant die rotsklowe? By die gladde klippe van die dal is jou deel; dit, dit is jou lot; ook het jy vir hulle drankoffers uitgegiet, spysoffers gebring! Sou Ek daarmee vrede hê? Jy het jou bed op 'n hoë en verhewe berg gemaak; ook het jy daar opgeklim om offers te bring. En agter die deur en die deurpos het jy jou gedenkteken gesit; want, ontrou aan My, het jy jou bed ontbloot en beklim en wyd gemaak, en jy het vir jou bepaal die loon wat van hulle moes kom; jy het hulle byslaap liefgehad, jy het die vlees gesien. En jy het na die koning getrek met olie en jou salf baie gemaak; en jy het jou boodskappers gestuur na ver plekke, ja, diep na die doderyk toe. Jy het moeg geword deur jou groot reis; tog het jy nie gesê: Dit is tevergeefs nie! Vernuwing van jou krag het jy gevind; daarom het jy nie uitgeput geraak nie. Maar vir wie was jy bedug en bevrees? — want jy het 'n leuenaar geword en aan My nie gedink nie; jy het dit nie ter harte geneem nie. Is dit nie omdat Ek swyg nie, en dit baie lank al, dat jy My nie vrees nie? Ék sal jou geregtigheid bekend maak en jou werke, dat hulle jou geen voordeel bring nie.
JESAJA 57:1-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die regverdige kom om, en daar is niemand wat dit ter harte neem nie; dié wat aan die verbond getrou is, sterf sonder dat iemand begryp dat dit deur die boosheid in die wêreld is dat die regverdiges sterf. Dié wat die reguit pad loop, kom waar daar vrede is, hulle rus in die graf. Maar kom julle nader hierheen, kinders van 'n towerheks, julle wat gebore is uit owerspel en hoerery! Met wie wil julle spot? Teen wie wil julle grootpraat, vir wie wil julle tong uitsteek? Julle is niks anders as 'n klomp rebelle nie, 'n broeisel leuenaars! Julle dien die afgode met julle wellus onder die groot bome, onder elke groen boom. Julle offer julle kinders in die laagtes en onder die oorhangende rotse. Julle verkies die afgodsbeelde in die laagte, daar soek julle julle deel. Vir hulle bring julle drankoffers en offer julle graanoffers. Moet Ek My hiervoor oor julle ontferm? Op die hoë berge het jy 'n plek ingerig vir jou onsedelikheid en daarheen opgeklim om offers te bring. Agter jou deure en aan jou kosyne het jy beeldjies opgehang. In jou ontrou aan My het jy jou kaal uitgetrek, op jou bed geklim en vir jou minnaars plek gemaak. Jy het jou verbind aan dié saam met wie jy graag geslaap het. Jy het hulle naaktheid geniet. Jy het na Molek toe gegaan met olie en met baie wierook; jy het jou boodskappers na ver plekke toe gestuur, selfs tot by die doderyk! Jou soekery het jou moeg gemaak; tog het jy nie gesê: “Dit is sinloos!” nie. Jou wellus het jou aanhou oorweldig, daarom het jy nie opgehou nie. Vir wie was jy so bang en bevrees dat jy vals geword het? Jy dink nie meer aan My nie, jy steur jou nie meer aan My nie. Ek het lank geswyg toe jy My nie meer gedien het nie, maar nou sal Ek jou skynheiligheid aan die kaak stel, alles wat jy gedoen het, en jou gode sal jou nie kan help nie.
JESAJA 57:1-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Die regverdige gaan ten gronde, maar niemand neem dit ter harte nie. Getroue mense sterf, en daar is niemand wat insien dat dit as gevolg van onheil is dat die regverdige sterf nie – hy gaan die vrede binne. Hulle sal op hulle beddens rus, elkeen van hulle wat sy reguit pad loop. “Maar julle, kom nader hierheen, nakomelinge van haar wat voortekens lees, nageslag van haar wat egbreuk pleeg en gehoereer het! Met wie vermaak julle julleself? Oor wie het julle julle monde vol? Vir wie steek julle tong uit? Is julle nie 'n klomp oortreders, 'n geslag leuenaars nie – julle wat brand van begeerte by die terebintbome, onder elke skaduryke boom, wat kinders slag in die spruite, onder oorhangende rotse? By die gladde klippe in die spruit lê jou lotsbestemming; hulle, ja, hulle bepaal mos jou lot! Ook vir hulle giet jy •drankoffers uit, laat jy •graanoffers in rook opstyg. Sou Ek sulke mense jammer kry? Op 'n hoë, verhewe berg het jy jou bed geplaas, selfs daarheen opgeklim om •maaltydoffers te bring. Agter die deur en kosyn het jy jou simbole aangebring. Ja, van My af het jy weggegaan en opgeklim; jy het jou lêplek breed gemaak, en jouself gesny as jy sonder afgode was. Jy was lief vir hulle bed, na naaktheid het jy gestaar. Jy het voor die koning gebuig met olie; jy het baie geurige salf aangebied. Jy het jou boodskappers na ver plekke gestuur, hulle laat afdaal tot in die •doderyk. Van jou baie reise het jy moeg geword, maar jy het nie gesê, ‘Dit is tevergeefs’ nie. Lewenskrag het jy gevind; daarom het jy nie swak geword nie. “Vir wie was jy bevrees en het jy ontsag gekoester, dat jy telkens lieg, en nie aan My gedink het nie, My nie ernstig opgeneem het nie? Is dit omdat Ek stilgebly het, en dit vir 'n lang tyd? Vir My het jy nie ontsag gehad nie. Ek self gaan getuienis aflê oor jou geregtigheid. En jou dade – dit sal vir jou van geen nut wees nie.
JESAJA 57:1-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die regverdige gaan om, en niemand neem dit ter harte nie; en barmhartige mense word weggeneem, sonder dat die regverdige weggeneem word van die toekomstige onheil. Hy sal in vrede ingaan; hulle sal rus op hul beddens, elkeen wandel in sy opregtheid. Maar nader hierheen, kinders van die towenaar, die nageslag van die egbreker en die hoer. Teen wie speel julle julself? Teen wie maak julle 'n wye mond en trek die tong uit? is julle nie kinders van oortreding nie, 'n saad van leuens, Verbrand julle met afgode onder elke groen boom, maak julle die kinders dood in die valleie onder die kranse van die rotse? Onder die gladde klippe van die stroom is jou deel; hulle, hulle is jou lot; ook vir hulle het jy 'n drankoffer uitgegooi, 'n spysoffer gebring. Moet ek troos hierin ontvang? Op 'n hoë en hoë berg het U u bed neergesit; ook daarheen het u opgegaan om te offer. Ook agter die deure en die deurposte het jy jou gedagtenis opgestel, want jy het jou aan 'n ander as my ontdek en opgegaan; jy het jou bed vergroot en vir jou 'n verbond met hulle gesluit; jy het hulle bed liefgehad waar jy dit gesien het. En jy het na die koning gegaan met salf, en jy het jou reuke vermeerder en jou boodskappers ver gestuur en jou verneder tot in die hel. U is moeg in die grootheid van u weg; maar jy het nie gesê: Daar is geen hoop nie; jy het die lewe van jou hand gevind; daarom was jy nie bedroef nie. En vir wie was jy bevrees of gevrees, dat jy gelieg het en aan my nie gedink en dit nie ter harte geneem het nie? het ek nie van ouds geswyg nie, en jy vrees my nie? Ek sal u geregtigheid en u werke verkondig; want hulle sal jou niks baat nie.
JESAJA 57:1-12 Die Boodskap (DB)
Die man wat reg gelewe het, gaan sommer net so dood. Niemand steur hulle daaraan nie. Mense wat getrou aan die Here was, sterf. Niemand verstaan waarom hulle doodgaan nie. Maar so word die regverdige gespaar van verdere ellende in die wêreld. Dié wat eerbaar geleef het, kan gaan rus in die graf. Kom ’n bietjie nader, julle kinders van ’n vrou wat haar met towery ophou. Kom hier, julle wat ’n straatvrou vir ’n ma het. Met wie wil julle gekskeer? Oor wie het julle so baie te sê? Vir wie staan julle en tong uitsteek? Is julle nie self die kinders van mense wat in opstand gekom het teen God nie? Is julle nie die nageslag van bedrieërs nie? Julle het seks onder groot bome om die afgode te vereer. Julle slaap by mekaar onder groen bome ter wille van die seksgode. Julle sny kinders keelaf onder in die laagtes. Julle offer hulle vir die afgode onder ’n groot rots. Julle maak van die groot klippe onder in die spruit julle gode. Julle dink dat hulle julle lewens reg kan laat loop. Julle gooi drank oor hierdie klippe uit om vir die gode te offer. Julle kom sit kos voor die klippe neer om hulle te aanbid. Dink julle vir ’n oomblik dat Ek hiermee tevrede kan wees? Julle klim op hoë berge om daar vir die gode seks te hê. Julle klim teen die berge uit om daar vir die gode offers te gaan bring. Jy het jou afgode in jou huis gaan sit en die deur agter jou gesluit. Jy het padgegee van My af en soos ’n prostituut met die afgode in die bed gaan klim. Jy het met hulle ’n ooreenkoms gaan maak soos ’n slegte vrou wat betaal word om saam met haar minnaars in die bed te klim. Jy het olie aan jou gesmeer en reukwater aangesit om vir die afgod Molek te offer. Jy het ver gaan soek vir ander gode tot wie jy kan bid. Jy het selfs in dieptes onder die aarde gaan soek. Julle word moeg van die soekery, maar julle dink nie daaraan om op te hou nie. Julle begeerte dryf julle om nooit op te hou soek nie. Watter gode het julle so bang en beangs gemaak dat julle vir My gelieg het? Waarom het julle skoon van My vergeet? Waarom het julle My uit julle gedagtes laat gaan? Was dit omdat Ek so lank maar net stilgebly het dat julle opgehou het om respek vir My te hê? Ek sal nou vir almal wys hoe verkeerd julle was en watter foute julle gemaak het. Daardie afgode gaan julle niks in die sak bring nie.
JESAJA 57:1-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die regverdige gaan dood en niemand neem dit ter harte nie. Die getroues kom om voor hulle tyd. En niemand verstaan dat regverdiges sterf om aan boosheid te ontkom nie. Hulle wat opreg leef, gaan na waar daar vrede is, en vind rus in die graf. “Maar kom hier, julle kinders van towenaars, julle afstammelinge van egbrekers en prostitute! Met wie spot julle? Vir wie lag julle en steek julle tong uit? Julle is mos kinders van sondaars, die afstammelinge van leuenaars! Julle brand van wellus onder elke groen boom. Julle slag julle kinders in elke vallei, onder elke oorhangende rots. Julle gode is die gladde rotse in die valleie. Vir hulle het julle drankoffers uitgegiet en graanoffers aangebied. Moet ek tevrede daarmee wees? Op hoë berge en heuwels het jy ’n bed ingerig vir jou onsedelikhede deur afgode te aanbid. Jy het daarheen opgegaan om offers te bring. Agter toe deure het jy jou afgodsbeelde opgestel. Jy was ontrou aan My en het jou kaal uitgetrek. Jy het op die bed geklim, en vir hulle plek gemaak. Jy het ’n verbintenis met jou bedmaats gemaak en hulle naaktheid geniet. Jy het olyfolie en parfuum as offers vir Molek gegee. Jy het boodskappers na ver plekke gestuur, selfs tot in die doderyk. Jy het moeg geword van jou soektog, maar jy het nooit erken: ‘Dit is sinloos!’ nie. Jy het jouself weer versterk, en dan maar net aangegaan. “Hoekom was jy banger vir hulle as vir My? Hoekom onthou jy My nie meer nie en dink jy nie meer aan My nie? Is dit omdat Ek lank stilgebly het, dat jy My nie meer dien nie? Daarom sal Ek jou optrede ontbloot. Jou gode sal jou nie kan help nie.