1
PREDIKER 9:10
Afrikaans 1933/1953
Alles wat jou hand vind om te doen, doen dit met jou mag, want daar is geen werk of oorleg of kennis of wysheid in die doderyk waar jy heengaan nie.
Vergelyk
Verken PREDIKER 9:10
2
PREDIKER 9:11
WEER het ek onder die son gesien dat die wedloop nie is vir die vinniges en die oorlog nie vir die helde nie; en ook die brood is nie vir die wyse of ook rykdom vir die slimmes of ook guns vir die verstandiges nie; want tyd en lotgeval tref hulle almal.
Verken PREDIKER 9:11
3
PREDIKER 9:9
Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, al die dae van jou nietige lewe wat Hy jou gegee het onder die son — al jou nietige dae; want dit is jou deel aan die lewe en aan jou arbeid wat jy met moeite verrig onder die son.
Verken PREDIKER 9:9
4
PREDIKER 9:7
Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met 'n vrolike hart, want God het lankal behae in jou werke.
Verken PREDIKER 9:7
5
PREDIKER 9:18
Wysheid is beter as oorlogswapens, maar een sondaar bederf baie goeie dinge.
Verken PREDIKER 9:18
6
PREDIKER 9:17
Woorde van wyse manne, wat rustig aangehoor word, is beter as die geskreeu van 'n heerser onder die dwase.
Verken PREDIKER 9:17
7
PREDIKER 9:5
Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe, maar die dooies weet glad niks nie, en hulle het geen loon meer nie, want hulle nagedagtenis word vergeet.
Verken PREDIKER 9:5
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's