1
PREDIKER 8:15
Afrikaans 1933/1953
Daarom het ek die vreugde geprys, dat daar niks beters is vir die mens onder die son nie as om te eet en te drink en hom te verheug, en dat dit hom mag begelei by sy moeitevolle arbeid gedurende die dae van sy lewe wat God hom gee onder die son.
Vergelyk
Verken PREDIKER 8:15
2
PREDIKER 8:12
aangesien 'n sondaar honderd maal kwaad doen en hy lank lewe — alhoewel ek weet dat dit goed sal gaan met die wat God vrees, omdat hulle voor sy aangesig vrees
Verken PREDIKER 8:12
3
PREDIKER 8:6
Want vir elke ding is daar 'n tyd en 'n beslissing; want die boosheid van die mens druk swaar op hom.
Verken PREDIKER 8:6
4
PREDIKER 8:8
Daar is geen mens wat heerskappy het oor die wind om die wind teë te hou nie, en niemand het mag oor die dag van die dood nie, en daar is geen vrystelling in die oorlog nie; so sal ook die goddeloosheid hom wat dit begaan, nie red nie.
Verken PREDIKER 8:8
5
PREDIKER 8:11
OMDAT die oordeel oor 'n verkeerde daad nie gou voltrek word nie, daarom is die hart van die mensekinders in hulle vol om kwaad te doen
Verken PREDIKER 8:11
6
PREDIKER 8:14
Dit is 'n nietigheid wat op die aarde gebeur, dat daar regverdiges is met wie dit gaan volgens die dade van die goddelose, en dat daar goddelose is met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is.
Verken PREDIKER 8:14
7
PREDIKER 8:7
Want hy weet nie wat sal wees nie; want hoe dit sal wees — wie kan hom dit te kenne gee?
Verken PREDIKER 8:7
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's