Gratis leesplanne en oordenkings oor ROMEINE 8:37

Ewige Verlosser
3 Dae
Laat toe dat ou Bybelse fondamente, wat in moderne aanbiddingsmusiek gevind word, jou lei tot 'n gevoel van gemeenskap met Jesus Christus, ons ewige Verlosser. Elke dag van hierdie kort video leesplan bied 'n lied en Skrifgedeelte as oordenking aan. Dis ideaal vir individue of nooi 'n groep vriende om dit saam met jou te doen.

Lewende Hoop: 'n Aftelling tot Paasfees
3 Dae
Hoe behoort jy te reageer as duisternis jou omring? Bestudeer vir die volgende drie dae die Paasverhaal en ontdek hoe om aan te hou hoop as jy in die steek gelaat word en alleen of onwaardig voel.

Wanneer Jy Deur Moeilike Tye Gaan
4 dae
Dit is onvermydelik om voor moeilike tye en omstandighede in ons lewens te staan te kom. Hierdie kort 4-dag leesplan sal ons bemoedig met die wete dat ons nie alleen is nie, God het 'n doel met die pyn en Hy sal dit vir sy groter doel gebruik.

Hou Op Om Bekommerd Te Wees
4 Dae
As jy lewend is, sukkel jy waarskynlik met bekommernis. Sommige mense is baie bekommerd, terwyl ander net soms toelaat dat kommer hul gedagtes in beslag neem. Dit maak nie saak hoe gereeld of hoe ongereeld dit is nie, dit is vir ons wys om te leer hoe om hierdie monster te hanteer wat ons toelaat om ons vrede te steel en ons geloof te kaap. Hierdie 4-dag leesplan help jou om dit te doen.

Wanneer Teleurstelling Toeslaan
4 dae
Moes jy onlangs teleurstelling hanteer het? Niemand is daarvan kwytgeskeld om dit te ervaar nie. Ongeag wie ons is, ons sal almal tye beleef wanneer ons nie gekry het wat ons wou gehad het nie. Wat moet ons dan met ons teleurstellings doen? Is dit verkeerd van ons om so te voel? In hierdie vierdagleesplan sal ons kyk hoe ons teleurstellings omskryf, aanvaar, verwerk en ten goede aanwend.

Breedvoerige Leierskap
4 dae
'n Sterk fondament is belangrik. Sommige van die moeilikste tye vir leiers, bring dikwels ook die meeste bestendigheid, wat uiteindelik die regte omstandighede vir dieper groei lewer. Oor die volgende vier dae sal ons Bybelse waarhede en praktiese wenke oor leierskap hersien wat jou sal uitdaag, toerus en bemoedig, terwyl jy bou aan 'n fondament van vertroue in 'n God wie se krag groter as enige uitdaging is wat oor jou pad mag kom.

Verlies Het Nie Die Finale Sê Nie
5 Dae
Hierdie leesplan wys hoe die Bybel vir ons vertel dat God alles laat uitwerk vir diegene wat Hom liefhet en dat hartseer en verlies nie die finale woord het nie; God het.

'n Vrou Van betekenis: Ken Jou Identiteit In God
5 Dae
Ons fisieke kenmerke en ons vaardighede is nie die wese van wie ons is nie en moet nooit die finale stem wees wat ons definieer nie. Ons moet ontdek wat God sê ons waarde en ware potensiaal is. As 'n vrou van betekenis word jy bemoedig om te aanvaar wie God sê jy is! Die kragtige waarheid van jou identiteit is die volgende: Jy sal nooit weet wie jy is totdat jy weet wie jy in God is nie.

Wat is Geestelike Oorlogvoering?
5 Dae
Wanneer ons kies om Christus te volg, is ons betrokke in geestelike oorlogvoering. Dit is onsigbaar en dikwels subtiel, maar net omdat ons dit nie kan sien nie, beteken nie dat dit nie bestaan nie. Ons geestelike vyand begeer om ons lewens te ontwrig, sodat ons in ellende sal moet leef. In hierdie 5-dag leesplan gaan ons leer hoe om oorwinning te behaal deur op God se krag staat te maak, want dit is beskikbaar. Ons moet dit net begin gebruik.

Hanteer Vrees in Onseker Tye
5 Dae
Wat doen jy as daar jy skielik baie onseker voel en jy meer vrae as antwoorde het? Wanneer die lewe jou onverwags tref, is dit nie tyd om paniekerig te raak nie — dis tyd om in geloof te leef en God toe te laat om jou met sy vertroosting en hoop te vul! In hierdie 5-dag oordenking van Joyce Meyer, leer ons hoe om vrees hok te slaan en God se liefde, vrede en bemoediging in moeilike tye te ontvang.

'n Ouer se Gids tot 'n Nuwe Baba: Lyding en Selfsorg
5 Dae
Die koms van 'n baba verander alles. Dit is asof hierdie klein lewe die nuwe swaartepunt word wat die res van jou heelal in sy wentelbaan intrek. Dit is moeilik om jouself voor te berei op iets so onbekend soos die koms van 'n pasgeborene. Berei prakties en geestelik voor om te verseker dat jy gedurende een van die mooiste, maar ook moeilikste tydperke van jou lewe gedy, en dit ten volle geniet.

God, Wat Van My?
5 Dae
Wanneer ons voel dat ons in die lewe agterraak en die stem van vergelyking al hoe harder word soos die dae verbygaan, sien ons dikwels nie dat God in ons midde beweeg nie. Dit is in hierdie oomblikke wanneer ons geloof die meeste beoefen word. Hierdie leesplan sal jou bemoedig terwyl jy op God wag.

God Se Liefde in Breë Trekke
5 dae
Ons kom weereens diep onder die indruk van die feit dat niks ons van God se liefde kan skei nie. Toe Karl Barth na ‘n lesing wat hy gegee het, deur ‘n student gevra is om op te som wat hy geleer het in sy werk as teoloog, het Bart gesê: Jesus min my salig lot, ek weet dit uit die Woord van God.

Ontwaak en Skyn
5 Dae
Mense sê dikwels: "Gee jou laste aan God oor". Wonder jy ooit: "Hoe moet ek dit doen?" Die gebrokenheid van die wêreld weeg te swaar en, al wil jy hóé graag Jesus se lig weerspieël, wonder jy hoe dit werklik daar uitsien wanneer jy sélf sukkel om die lig te sien. Hierdie leesplan ondersoek hoe ons ligte vir Jesus kan wees, selfs wanneer ons eie leefwêrelde donker voel.

Gesindheid
7 Dae
Hoe kan ons die regte gesindheid in elke situasie betoon? Wat is die regte gesindheid? Hierdie 7-dag leesplan vind antwoorde in die lewe en leringe van Christus. Laat hierdie daaglikse aanmoedigings, nadenkende gebede en kragtige Skrifte die denkwyse van Christus in jou vorm.

Building 429 - Ons Sal Stewig Staan
7 Dae
Die Dove-bekroonde Christelike rockgroep "Building 429" het met "The Overflow Devo" saamgespan om 'n 7-dag leesplan vir YouVersion te skryf. In hierdie leesplan bespreek die hoofsanger, Jason Roy, die Bybelse oorsprong en persoonlike ervarings wat die lirieke van verskeie van hul liedjies op hul nuwe album “We Won’t Be Shaken” geïnspireer het.

Blaas Geestelike Passie In Jou Huwelik
7 Dae
In sy nuwe boek "A Lifelong Love," gesels Gary Thomas oor die ewige doel van die huwelik. Kry praktiese hulpmiddels wat sal help om jou huwelik in 'n inspirerende verhouding te verander en terselfdertyd geestelike lewe na ander te versprei.

Ten Volle Toegewyd
7 Dae
God het meer gedoen as wat ons ooit kon dink. Volg die een wat sy alles gegee het met hierdie Ten Volle Toegewyd leesplan. Dit bevat liedjies uit die 2016 Life.Church aanbiddingsvrystelling. Begin nou met hierdie sewe-dag leesplan.

Herbou 'n Huwelik Beter As Nuut
7 Dae
'n Huwelik is harde werk. Dinge verloop egter nie altyd so glad as wat ons hoop nie. As jy in jou huwelik worstel as gevolg van verraad, of jare se verwaarlosing, kan jy steeds jou huwelik red. Hierdie leesplan is slegs sewe dae lank, maar vir meer inspirasie kan jy Cindy se boek "Rebuilding A Marriage Better Than New" lees.

Vind God in Werkloosheid
7 Dae
Werkloosheid kan ons geestelik, liggaamlik, verstandelik en emosioneel uitdaag. Hierdie 7-dag leesplan sal jou te midde van die ingewikkeldhede van werkloosheid help om God te soek.

Ewige Sekerheid
7 Dae
Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te verstaan hoekom jou redding in Christus verseker is en jou ook help om die soort lewe na te streef wat God vir jou begeer.

7 Gebede Vir Onverskrokke Krygers
7 dae
Cora Jakes Coleman lewer sewe onverskrokke gebede om jou te help om elke demoniese vesting af te breek en jou 'n hewige kryger vir God te maak.

Die Wrok
7 Dae
Dis soos 'n albatros om die nek. Dit hou mense weg. Dis swaar en pynlik — dit is die wrok. Daar is baie onder ons wat dit nie besef nie, maar ons dra wrokke wat aan die lig moet kom. Leer hoe jy vryheid deur vergifnis kan kry gedurende hierdie 7-dag Leesplan wat deur pastoor Craig Groeschel se boodskapsreeks "The Grudge" begelei word.

Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in Krisis
7 Dae
Ons lewe in 'n ongekende tyd in die huidige COVID-19 pandemie. Waar kry ons hoop en goeie nuus te midde van die voortdurende stroom van slegte nuus? Vir volgelinge van Jesus is daar altyd goeie nuus. In hierdie 7-dag leesplan, gaan ons kyk na van die beloftes wat die Hemelse Vader vir ons gee en die geloof wat ons nodig het om op sy beloftes te staan.

Romeine: Ervaar die Krag van Lewensveranderende Geloof
7 dae
Die slegte nuus: Jy sal nie vanself daartoe in staat wees om te kwalifiseer om deel van God se familie te wees nie. Die goeie nuus: God is lief vir jou en het 'n weg berei om jou sonde te vergewe, jou deel van God se familie te maak en van binne na buite te transformeer! Terwyl jy Romeine bestudeer ontdek jy die mees volledige aanbieding van die evangelie!