YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Into the WildSample

Into the Wild

DAY 6 OF 6

Evangelisasie - Jy gaan sterf! Kontrolepunt 6: Hoeveel tyd vir God se koninkryk? Die lewe is baie kort en onvoorspelbaar. Hoe sou ons lewe lyk as ons dit voluit vir Jesus leef? Wat sal vir ons belangrik wees? Wat sal ons minder begin doen as ons met hierdie ingesteldheid begin leef: Ons lewe is veilig in Christus. Aan die einde van ons reis Into the Wild , eindig ons met die vraag: hoe leef jy? Is daar iets wat jou steeds terughou om voluit vir Jesus te leef? Om voluit jou lewe in sy hande te los en absoluut gehoorsaam te wees aan Hom? Sonder enige kompromieë … Terwyl jy hier lees, gaan jou lewe met elke sekonde verby. Ons elkeen se tydjie op aarde gaan mettertyd uitloop. Dit kan minute, ure, dae, maande of jare wees. Ons weet nie, maar dit gee ons perspektief oor elke dag in ons lewe. Hoe rig jy jou dae vir God se koninkryk in? “Net een lewe en dit is gou verby, slegs wat vir Christus gedoen is, is blywend.” - C. T. Studd Jy wil hê jou lewe moet bekendstaan as iemand wat vir ander gewys het wie Jesus is. Die Een vir wie jy leef, die Een vir wie jy alles wat jy is en doen, gee. Die herinneringe aan jou moet net in een rigting wys en dit is dat almal om jou gesien het wie in beheer van jou lewe is. Moenie dat die sekondes van jou lewe gaan in dinge wat nie saak maak nie. Maak vir jou skatte in die hemel bymekaar en hou jou prioriteite reg. As daar iemand in jou lewe is wat nie vir God ken nie, is dit jou verantwoordelikheid om vir hulle te vertel wie Hy is. Dit is al wat in God se ekonomie van tyd sal saak maak — dit wat jy op aarde gedoen het om sy koninkryk sigbaar te maak. Wat sal jou familie van jou onthou as jou sekondes uitgeloop het? Sal dit aardse goed wees, of hemelse goed? Ons wil tog streef na wat ewig is en nie tydelik nie. Maak vandag die keuse om jou lewensstyl aan te pas sodat daar meer tyd gewy word aan dinge wat vir ewig gaan saak maak. Jy het die sleutels tot die koninkryk. Mag jy daardie sleutels gebruik om dit ook vir ander mense  oop te sluit. Die beste manier hoe jy aan God eer kan gee, is om sy woorde te gehoorsaam. Dit beteken om dit wat vir Hom belangrik is, ook vir jou belangrik te maak. Om sy prioriteite, jou prioriteite te maak. Dit sal daartoe lei dat jy regtig lewe voor jy doodgaan. Fokus op hierdie ses kontrolepunte en jy sal wesenlike verskille in jou lewe en geloof sien. Dit is die antwoord op al die vrae wat jy het oor hoe jou geloof kan groei. Leef jou lewe voluit vir Jesus, sonder kompromieë en sonder twyfel. Dit is hoe Hy vir jou ’n lewe van oorvloed belowe.
Day 5

About this Plan

Into the Wild

Ses kontrolepunte om voluit te leef voor jy doodgaan. Die lewe daar buite is wild. Ons wil jou nooi om die ses belangrikste punte in jou lewe te ondersoek. Jy het elke dag daarmee te doen en dit kan maak dat jy voluit le...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy