YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Into the WildSample

Into the Wild

DAY 4 OF 6

Vriendskap - Jou lewe gaan nie oor jouself nie! Kontrolepunt 4: Die lewe gaan nie net oor jou behoeftes nie! Dis die moeilikste ding om te besef, dat die lewe nie net oor jou en jou belange gaan nie. Die lewe gaan eerder oor die mense saam met wie jy lewe. Wie is jou binnekring, wie is die mense wat jou die meeste beïnvloed? Ons gesels ook oor watter soort vriend jy is en hoe jy jou vriendekring beïnvloed. Groepsdruk is ’n realiteit in ons lewe. Ons is bang om iets mis te loop, dus tree ons soms anders op as wat ons wil. Hoe kan ek ’n beter vriend wees? Dink aan die volgende stelling: "My lewe is nie my eie nie." Is dit moontlik om so te leef asof jou lewe nie jou eie is nie? Wat maak dit moeilik? Johannes 15:13 sê vir ons dat daar geen groter liefde is as iemand wat hul lewe aflê vir hul vriende nie. Dit is raad wat ons in die Bybel kry en wat oor Jesus se grootste gebod handel. Dat jy God moet liefhê met jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand en al jou krag EN jou NAASTE soos jouself (Matteus 22:37-39). Dit leer vir ons iets van hoe ons ons vriende moet beïnvloed. Het jy ’n Christelike invloed op jou vriende? Ons leef in 'n tyd waarin ons meer met mense in verbinding is as ooit tevore, maar ten spyte daarvan is ons meer depressief, angstig en eensaam, as ooit tevore. Daarom is dit belangrik om tyd en energie te gebruik om te oordink watter soort vriend jy vir ander kan wees. Hoe kan jy ander ondersteun, bystaan en positief beïnvloed, sodat jy nie bydra tot die statistieke van eensaamheid in die wêreld nie? Nog ’n voorbeeld wat ons uit die Bybel leer, is terwyl Jesus in Kapernaüm was en vier manne hul verlamde vriend deur die dak van ’n huis laat sak sodat Jesus hom kan genees. Toe Jesus die geloof van die vier vriende sien, genees hy die man. Nie net die man se geloof nie, maar ook die geloof van sy vier vriende. As dit nie vir hulle omgee en moeite was nie, sou die verhaal dalk nie dieselfde vir die man geëindig het nie. Dit is tyd dat jy ’n oudit doen oor jou invloed (hoe groot of klein), wat jy op jou vriende het en hulle op jou. Mag jy besef dat ons ’n geleentheid het om aan die Woord gehoorsaam te wees en in bereidheid ons lewe vir ons vriende af te lê. Vriende kan jou breek, maar 'n vriend kan ook nader aan jou wees as ’n broer. Mag jy besef jy en jou vriende slyp mekaar. Jy kan kies watter vorming gaan plaasvind. Reik uit na 'n vriend of vriendin wat jou nodig het en maak Jesus sigbaar in sy of haar lewe.
Day 3Day 5

About this Plan

Into the Wild

Ses kontrolepunte om voluit te leef voor jy doodgaan. Die lewe daar buite is wild. Ons wil jou nooi om die ses belangrikste punte in jou lewe te ondersoek. Jy het elke dag daarmee te doen en dit kan maak dat jy voluit le...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy