YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Into the WildSample

Into the Wild

DAY 1 OF 6

Die struikelblok is die weg! Welkom by "Into the Wild". Hierdie leesplan wil jou herinner om voluit te lewe voor jy doodgaan. Daar is ʼn kant van jouself wat jy nog nie ontdek het nie en ʼn onbekende pad wat op jou wag. Die pad vereis dat jy jou seer, jou vrese en jou pyn moet hanteer soos nog nooit voorheen nie. Waar mens dit hanteer, is ʼn plek wat die wildernis genoem word. Baie mense naby aan jou wil jou teen pyn en seerkry beskerm, wat jou verhoed om ʼn ware belewenis in die wildernis te hê. Die wêreld kan ook ’n wrede plek wees. Dit kan ’n "wilde plek" wees om in te oorleef. Daar is baie keer klippe in jou pad. Mure wat voor jou opgaan en berge wat jy moet oorkom. Almal van ons het probleme wat ons moet verwerk. Hierdie leesplan gaan jou help om op ’n Bybelse manier oor jou uitdagings na te dink. Kontrolepunt 1: Dink anders oor jou uitdagings! Net voor Jesus gekruisig is, het Hy in die tuin van Getsemane vir sy Vader gevra: “My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie lydensbeker by My verbygaan. Moet nogtans nie doen soos Ek wil nie, maar soos U wil.” Jesus het ook ’n uitdaging voor Hom gehad. Hy kon kies om nie deur die moeilike tye te gaan nie, maar dit te laat verbygaan. Hy leer vir ons iets oor die uitdagings wat oor ons pad kom. Wat nie naastenby so moeilik is soos Syne was nie. Hy het die lyding en kruisdood deurgegaan, want Hy het geweet jy gaan saam met Hom in die ewigheid wees. Dit was vir Hom die moeite werd. Jy was vir Hom die moeite werd. Ons kan ook die klippe in ons pad hanteer deur te kyk wat Jesus vir ons wil leer om in moeilike tye te doen. Ons leer om te volhard in swaarkry, want dit bou jou geloof. Dit is tyd om anders te dink oor die klippe in jou pad. Om eerder te vra: Wat wil U hier vir my leer? Is U besig om my te skaaf en my geloof te suiwer? Ons vra gewoonlik: Hoekom, Here? Daar is ook dikwels situasies in ons lewe wat ons keer om voluit te leef. Soos bv: * Die rol van jou ouers of hoe jy groot gemaak is. * Bang om jou eie seer te hanteer? Is daar sekere goed in jou lewe waaraan jy kan dink wat jou verhinder om werklik jouself te wees? Watter strategieë gebruik jy om jou struikelblokke te hanteer? * Die struikelblok is die weg. Wat as die pad tot die grootste avontuur van jou lewe, regdeur jou grootste hindernis in die lewe gaan? Ons verstaan nie altyd die moeilike tye in ons lewe nie. Ons het nie al die antwoorde nie. Maar die Here is nie met jou klaar nie. Hy sal jou nooit in jou storms alleen los nie. Elke wildernis kan ’n avontuur inhou. Moenie dat jou vrees vir moeilike tye, jou weerhou om voluit te leef nie.
Day 2

About this Plan

Into the Wild

Ses kontrolepunte om voluit te leef voor jy doodgaan. Die lewe daar buite is wild. Ons wil jou nooi om die ses belangrikste punte in jou lewe te ondersoek. Jy het elke dag daarmee te doen en dit kan maak dat jy voluit le...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy