YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Into the WildSample

Into the Wild

DAY 5 OF 6

Romantiese Verhoudings - Jy is nie in beheer nie! Kontrolepunt 5: Wat om te gee en wat om te ontvang in jou romantiese verhouding! Een ding is vir ons almal moeilik en dit is om oor te gee en toe te laat dat God in beheer is. Met verhoudings moet ons ook onsself oorgee aan God sodat Hy ons kan verander en transformeer. Ons wil dikwels daarop fokus om die ander persoon in die verhouding te verander, in plaas daarvan om onsself te verander. Dit is belangrik om te besef dat God in beheer is en God kan ons verander en transformeer. As dit by romantiese verhoudings kom, sien ons die wêreld op ’n sekere manier daarna kyk. As dit by ons geloof kom, sien ons dat die meeste van die wêreld se sieninge oor verhoudings, op mites gebou is. Daardie mites is ook meestal selfsentrerend. Dit wil alles beheer en net na eie belang omsien. Luister mooi na die volgende mites: * “Ek moet net die regte persoon kry, dan sal ek gelukkig wees.” * “As my ou of meisie my net beter kan verstaan, is al die probleme opgelos.” * “As ek net dit van hom of haar kan verander, sal alles vir my beter wees.” * “As hy of sy my ’n voller mens kan maak, is dit al wat ek nodig het.” Dit is tyd dat jy jou verhoudings sal heroorweeg! Hierdie mites in jou lewe moet opgelos word deur jou verhouding-GPS reg in te stel. Jesus leer ons baie oor verhoudings, en veral baie oor hoe die liefde in verhoudings moet lyk. Jesus sê: * Dit gaan nie daaroor om die regte persoon te vind nie, maar om die regte persoon te word. * Word iemand wat daarna streef om jou man of vrou te verstaan. * Verander die blinde kolle aan jouself waarvan iemand anders nie sal hou nie. * Word ’n voller mens deur die werking van die Heilige Gees in jou lewe, en nie ’n ander persoon nie. In watter rigting het jou verhoudings tot nou toe gegaan? Hoe het jy besluite geneem oor wat jy moet ontvang en wat jy in jou verhouding moet gee? Ons moet die Een volg wat die pad ken. Jesus, wat jou nie op 'n afdraaipad sal lei nie. Voor jy nie die keuse gemaak het dat God jou lewe totaal kom vul en verander nie, gaan geen mens jou ten volle gelukkig maak nie. Ons soek dit nie (soos die wêreld) in ander mense nie, ons soek dit eerstens in God. Na dit gebeur het, laat ons God se lig op die persoon skyn vir wie ons lief is. Mag jou diepste begeerte wees om God bo alles lief te hê. Mag jou grootste begeerte vir jou ou of meisie wees dat hulle ook God eerste in jul verhouding stel. Dan sal die herskeppende krag van Jesus se liefde verseker dat julle geluk in mekaar sal vind. Dit gaan nie oor alles wat jy in mense soek nie. Dit gaan nie oor wat iemand vir jou kan bied nie. Dit gaan nie daaroor of jy in beheer van jou eie geluk wil wees nie. Dit gaan oor Jesus Christus se wil in jou lewe. As jy sy raad volg in jou verhouding, sal jy soveel vreugde en vrede ervaar soos wat jy nog nooit voorheen het nie. Praat met jou man of vrou, ou of meisie oor hoe julle God in julle verhouding beter kan dien. Dan sal jy hom of haar ook beter kan dien.
Day 4Day 6

About this Plan

Into the Wild

Ses kontrolepunte om voluit te leef voor jy doodgaan. Die lewe daar buite is wild. Ons wil jou nooi om die ses belangrikste punte in jou lewe te ondersoek. Jy het elke dag daarmee te doen en dit kan maak dat jy voluit le...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy