YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Into the WildSample

Into the Wild

DAY 3 OF 6

Emosies - Die lewe is moeilik! Kontrolepunt 3: Leer om jou emosies te beheer! Die lewe is nie elke dag maanskyn en rose nie; en ons kan nie swaarkry vermy nie. In jou lewe sal jy definitief al êrens met emosies te doene gekry het. Êrens sou jy ook al gevoel het asof jy nie beheer oor jou emosies en gevoelens het nie. Om die lewe voluit te kan lewe, moet ons leer hoe om ons emosies te beheer, sodat ons emosies nie vir ons beheer nie. Kan jy jou emosies beheer of beheer jou emosies vir jou? Hierdeur sê ons nie dat ons nie emosies mag ervaar nie, natuurlik gaan jy. Dit gaan oor hoe jy die emosies hanteer . Ons verwys daarna as emosionele intelligensie. Die definisie is as volg: “Emosionele intelligensie (ook bekend as emosionele kwosiënt of EK) is die vermoë om jou eie emosies op positiewe maniere te verstaan, te gebruik en te bestuur om spanning te verlig, effektief te kommunikeer, empatie met ander te hê, uitdagings te oorkom en konflik te ontlont.” Hoe jy jou emosies gaan hanteer (jou emosionele intelligensie beoefen), kan jou verder in die lewe bring as enige kwalifikasie. Net soos God van ons verwag om geestelike volwassenheid na te streef, so moet ons ook leer om ons emosies te beheer. As jy jou emosies beheer, dan laat dit jou nie doen wat buite God se wil is nie. Jy moet besef jou emosies is nie ’n verskoning om sekere sonde te doen nie. Dit is waarom dit so belangrik is om te let op jou emosies. Jou emosies moet ook eer aan die Here gee. Vra jouself die vraag: Is die manier hoe ek my emosies hanteer besig om getuienis van Jesus te bou of af te breek? Wanneer emosies jou oorweldig, neem jou gedagtes gevange en maak dit gehoorsaam aan Jesus Christus. Ongeag wat die lewe na jou kant toe gooi, jy kan leer om jou emosies beter onder die Heilige Gees se beheer te bring. In die wildernis van die wêreld, gaan jy soms onregverdig benadeel word. Jesus sê vir ons om te midde van ’n onregverdige wêreld, jou emosies so te verwoord en te bestuur, dat jy steeds ’n positiewe verskil in die wêreld kan maak. Hier is ’n paar riglyne om te beoefen hoe om jou emosies te beheer, sodat dit jou nie beheer nie: * Identifiseer die emosie wat jy voel. Maak seker jy weet self wat jy voel. * Gee jouself genoeg tyd om dit te ervaar. Sonder jouself af, of gaan sit op ’n stil plek. * Bid oor die emosie wat jy ervaar. Gee dit oor aan Jesus en vra Hom om jou te help. * Haal diep asem. * Verbaliseer jou emosies aan iemand wat jy vertrou. Mag jy besef dat Jesus nie wil hê jou emosies moet jou beheer nie, maar dat jy jou emosies moet beheer en dit aan die Here gehoorsaam moet maak.
Day 2Day 4

About this Plan

Into the Wild

Ses kontrolepunte om voluit te leef voor jy doodgaan. Die lewe daar buite is wild. Ons wil jou nooi om die ses belangrikste punte in jou lewe te ondersoek. Jy het elke dag daarmee te doen en dit kan maak dat jy voluit le...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy