1
JOHANNES 6:35
Nuwe Lewende Vertaling
Jesus sê vir hulle: “Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger word nie; en wie op My vertrou, sal nooit weer dors kry nie.
Сравнить
Изучить JOHANNES 6:35
2
JOHANNES 6:63
Dit is die Gees wat lewend maak; die liggaam baat jou niks. Die woorde wat Ek aan julle gerig het, is Gees en lewe.
Изучить JOHANNES 6:63
3
JOHANNES 6:27
Julle moenie werk vir die kos wat vergaan nie, maar vir dié blywende kos wat lei tot die ewige lewe. Dit sal Ek, die Seun van die Mens, aan julle voorsien, want God die Vader het My daartoe bestem.”
Изучить JOHANNES 6:27
4
JOHANNES 6:40
“Dit is die wil van my Vader dat elkeen wat die Seun sien en in Hom glo, die ewige lewe besit; en Ek sal hom op die laaste dag opwek.”
Изучить JOHANNES 6:40
5
JOHANNES 6:29
Jesus het hulle geantwoord: “Dít is God se opdrag aan julle: Glo in Hom wat die Vader gestuur het.”
Изучить JOHANNES 6:29
6
JOHANNES 6:37
Elkeen wat die Vader aan My gee, sal na My toe kom; en Ek sal dié persoon wat na My toe kom, nooit verstoot nie.
Изучить JOHANNES 6:37
7
JOHANNES 6:68
Simon Petrus het Hom geantwoord: “Here, na wie toe sal ons weggaan? U het die woorde wat ewige lewe gee.
Изучить JOHANNES 6:68
8
JOHANNES 6:51
Ek is die brood wat lewe gee, wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy vir altyd lewe. En die brood wat Ek beskikbaar sal stel, is my liggaam. Dit doen Ek ter wille daarvan dat die wêreld kan lewe.”
Изучить JOHANNES 6:51
9
JOHANNES 6:44
Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe laat kom nie; en Ek sal daardie persoon op die laaste dag opwek.
Изучить JOHANNES 6:44
10
JOHANNES 6:33
“Die brood van God is Hy wat uit die hemel kom en aan die mensheid lewe gee.”
Изучить JOHANNES 6:33
11
JOHANNES 6:48
Ek is die brood wat lewe gee.
Изучить JOHANNES 6:48
12
JOHANNES 6:11-12
Jesus het toe die brode geneem, ’n dankgebed gedoen en dit aan die mense wat daar gesit het, uitgedeel en ook soveel van die vissies as wat hulle wou hê. Nadat die skare mense versadig was, sê Jesus vir sy dissipels: “Maak die oorskietstukke bymekaar sodat daar niks vermors word nie.”
Изучить JOHANNES 6:11-12
13
JOHANNES 6:19-20
Toe hulle ongeveer vyf of ses kilometer weg geroei het, sien hulle Jesus op die water loop tot baie naby aan die boot, en hulle het vreesbevange geword. Jesus sê egter vir hulle: “Dit is Ek, hou op bang wees.”
Изучить JOHANNES 6:19-20
Главная
Библия
Планы
Видео