Die Kosbare Geskenk Van VergifnisSample
Hoe is vergifnis moontlik?
“want dit is my bloed wat die verbond tussen God en sy volk verseël. Dit word vir baie vergiet sodat hulle sondes vergewe kan word.” (Matteus 26:28)
Aangesien God regverdig is, sal Hy nie ons oortreding goedpraat en net daarvan "vergeet" nie. Die enigste manier om die verhouding tussen mens en God te herstel, is om ons skuld uit die weg te ruim. Maar soos ons gister gesien het, is geen mens, nie eers die mees gerespekteerde godsdienskenner, in staat om dit te doen nie.
Die Here is bewus van ons onvermoë om weer met Hom reg te maak. Maar Hy wil nie hê dat die mens vergaan nie, en daarom bied Hy self 'n oplossing aan. God die Seun was gereed om die las van sonde en skuld op Homself te neem en die losprys te betaal deur in ons plek te sterf. Hy het sy bloed vir baie uitgegiet tot vergifnis van sondes, soos Hy aan sy dissipels verduidelik het. Ons moet net in Hom glo om vergewe te word en om ons verhouding met God te herstel!
Jesus se offer was die enigste moontlike en finale oplossing vir die probleem van menslike sonde. "Sonder bloedvergieting vind daar geen vergifnis van sonde plaas nie", sê Hebreërs 9:22, en slegs 'n volmaakte offer sou voldoende wees. Daarom het God die Seun mens geword om sy eie bloed vir sondaars te stort.
Aanvaar jy Jesus se aanbod van vergifnis?
About this Plan
Die Bybel is duidelik hieroor: ons as mense is sondig en verdien om gestraf te word. Maar dit verduidelik ook dat God ons vergewe wanneer ons ons sondes bely en wegdraai daarvan. God stel ons ook in staat om onsself en ander te vergewe. Dit is baie bevrydend om te vergewe, en help ons om verhoudings te herstel. Hierdie leesplan bespreek 'n paar belangrike Bybelverse oor die gee en ontvang van vergifnis.
More