Die Kosbare Geskenk Van VergifnisSample
Wat is vergifnis?
“Vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe het.” (Matteus 6:12)
Soos die vers in Matteus 6 aandui, het vergifnis te doen met skuld. Wanneer iemand 'n ander persoon sleg of verkeerd behandel het, benadeel dit hul verhouding en bring die oortreder in 'n posisie van skuld teenoor die ander persoon. Hy moet vergoed vir die seer of verlies wat die ander persoon gely het - byvoorbeeld finansieel of emosioneel.
Om die oortreder te vergewe beteken om afstand te doen van enige eis om vergoed te word, om enige negatiewe emosies teenoor hierdie persoon te laat vaar, en om die verhouding (waar moontlik) te herstel.
Jesus gee 'n wonderlike voorbeeld van vergifnis in 'n verhaal oor 'n pa en 'n seun. Die seun het sy pa diep seergemaak deur die deel van die pa se eiendom te eis, wat hy veronderstel is om in die toekoms eers te ontvang. Hy het na 'n ander land vertrek en die geld daar gemors. Die pa het hoop verloor om sy seun ooit weer te sien. Maar wanneer die seun in groot moeilikheid beland, besef hy wat hy gedoen het en keer terug huis toe. Die pa wys hom nie af nie, maar verwelkom hom met drukkies, soene en 'n feesmaal (Luk. 15:20; 15:22-23). Hy vergewe sy seun heelhartig.
Was jy al ooit in 'n posisie waar jy vergifnis nodig gehad het? Het die ander persoon jou vergewe?
Scripture
About this Plan
Die Bybel is duidelik hieroor: ons as mense is sondig en verdien om gestraf te word. Maar dit verduidelik ook dat God ons vergewe wanneer ons ons sondes bely en wegdraai daarvan. God stel ons ook in staat om onsself en ander te vergewe. Dit is baie bevrydend om te vergewe, en help ons om verhoudings te herstel. Hierdie leesplan bespreek 'n paar belangrike Bybelverse oor die gee en ontvang van vergifnis.
More