YouVersion Logo
Search Icon

Die Kosbare Geskenk Van VergifnisSample

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

DAY 6 OF 10

Het ek te erg gesondig om vergewe te word?

As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is.” (1 Johannes 1:9).

Elke sonde is so erg dat dit verdien om gestraf te word. Geen enkele sonde is so erg dat dit nie vergewe kan word nie.

Ons mense is geneig om te onderskei tussen sondes wat baie erg is en sondes wat nie te erg is nie. Hierdie onderskeid maak sin in 'n samelewing waar straf in verhouding moet wees tot die skade wat aangerig is. Maar volgens God is ons skuldig na selfs die kleinste oortreding. Hy eis van ons om volkome heilig te wees soos Hy volkome heilig is, en hierin skiet ons almal tekort. Ons verdien om vir ewig van God geskei word, omdat alle sonde baie ernstig is.

Terselfdertyd sal selfs die grootste sonde vergewe word as ons dit bely. Jesus se bloed het krag om ons te reinig van enigiets wat ons verkeerd gedoen het. Die apostel Paulus noem sy eie sondes as voorbeeld: “selfs al het ek voorheen die Naam van Christus belaster. Ek het sy mense vervolg en hulle mishandel. Maar God het sy genade aan my bewys....” (1 Timoteus 1:13). Die Bybel verskaf meer voorbeelde van mense wat dinge gedoen het wat ons dalk as onvergeeflik beskou, maar toe hulle heelhartig berou gehad het, het die Here hulle vergewe.
Moet nooit dink jy het te erg gesondig om vergewe te word nie.

Bely jou sondes voor die Here en vra sy genade!

Day 5Day 7

About this Plan

Die Kosbare Geskenk Van Vergifnis

Die Bybel is duidelik hieroor: ons as mense is sondig en verdien om gestraf te word. Maar dit verduidelik ook dat God ons vergewe wanneer ons ons sondes bely en wegdraai daarvan. God stel ons ook in staat om onsself en ander te vergewe. Dit is baie bevrydend om te vergewe, en help ons om verhoudings te herstel. Hierdie leesplan bespreek 'n paar belangrike Bybelverse oor die gee en ontvang van vergifnis.

More