YouVersion Logo
Search Icon

Hoop Op God!Sample

Hoop Op God!

DAY 5 OF 15

Hoop teen hoop.

Abraham is 'n goeie voorbeeld van 'n gelowige wie se hoop op geloof gebaseer was. God het belowe om hom 'n groot nasie te maak (sien Genesis 12:2). Teen daardie tyd was Abraham reeds 75 jaar oud. Maar soos die jare verbygegaan het, het niks gebeur nie. Abraham en sy vrou Sarai het kinderloos gebly. Dit is verstaanbaar dat Abraham gewonder het: “Oppermagtige Here, wat beteken al u seëninge as ek nie eers ’n seun het nie? Daarom sal Eliëser van Damaskus my erfgenaam word. U het my geen kinders gegee nie. Een van my slawe sal dus alles erf wat ek besit.” (Genesis 15:2-3). Maar God het vir hom gesê om na die hemel te kyk en die sterre te tel. “Net so baie sal jou nageslag wees!”, het God hom verseker.

Abraham het die Here geglo (Genesis 15:6). Sy geloof was "teen hoop". Dit was baie onwaarskynlik dat 'n kinderlose vrou wat al dekades getroud was, skielik swanger sou word wanneer sy alreeds verby die vrugbare ouderdom was. Maar Abraham het God se belofte geglo en daarom nie moed opgegee nie. Toe hy honderd jaar oud was, is sy seun Isak gebore. God het sy Woord gehou.

Is daar 'n belofte van God wat jy moeilik vind om te glo?

Day 4Day 6