Hoop Op God!Sample

Bestudeer God se Woord om jou hoop te handhaaf.
Christelike uithouvermoë word gedryf en onderhou deur hoop. Christelike hoop word onderhou deur “die standvastigheid en die bemoediging wat die Skrif aan ons gee”, soos Paulus in Romeine 15:4 verduidelik. Volharding kom dus wanneer ons mediteer op die Woord van God. Dit kan bemoedigend wees om in die Bybel te lees van ander mense wat God se hulp in hul stryd ervaar het. Dit is goed om te lees oor God se getrouheid aan sy beloftes - soms in die lewens van bepaalde individue, maar ook in die algemene prentjie van God se reddingsplan deur die eeue. Daar is soveel psalms en profesieë wat ons aandag vestig op die Here se onfeilbare goedheid. En om die hele Skrif aandagtig te bestudeer, help ons om vas te staan teen valse lering en misleiding. Paulus sê dit is die doel van die Bybel.
Dit is goed om 'n gereelde Bybellees plan te hê. Op dié manier het ons 'n stewige basis vir die moeilike tye wat vroeër of later gaan kom. Jesus vergelyk dit met 'n wyse man wat sy huis op 'n rots bou (wat die Woord van God is), sodat dit reën, vloede en winde kan weerstaan.
Voed jy jou hoop met die Woord van God?
About this Plan

Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.
More
Related Plans

Psalm 23: Still Waters & the Shepherd's Tale

Spiritual Warfare

For the Joy Set Before Him: Jesus's Final Journey to Jerusalem

What Does Jesus Offer?

The Power of God

Haggai: God's Presence in Rebuilding | Video Devotional

The God-Kind of Love

Margin: Finding Fruit in a World Driven by Progress

Mental Health Integration
