YouVersion Logo
Search Icon

Hoop Op God!Sample

Hoop Op God!

DAY 1 OF 15

Hoop op God!

Psalm 42 is deur Dawid geskryf toe hy bedruk en ontsteld was. Dit het gelyk asof God so ver is, en die herinnering aan vorige dae in God se teenwoordigheid het Dawid se hart gebreek. Hy het tot die Here geroep: "Waarom het U My vergeet?" (Psalm 42:9).

Maar hy het ook aan homself verklaar: “Hoop op God!” Dawid het geworstel om sy hoop op die Here te behou. In moeilike omstandighede kom hoop op God nie vanself nie. Dit is so maklik om oorweldig te word deur ons probleme en hartseer, selfs meer so wanneer ander mense God se bestaan of goedheid bevraagteken (sien Psalm 42:3).

Dawid het geweet dat sy neerslagtige en onrustige gees aan God se getrouheid herinner moes word. Sy hoop was nie net 'n wens dat sy situasie ten goede sou verander nie. Dit was 'n oortuigde verwagting dat God hom sou red. Dit is die kern van Bybelse hoop. Dis nie onseker nie, maar wel vol verwagting dat God sal ingryp. Hierdie hoop is geregverdig omdat dit gebaseer is op God se onveranderlike goedheid. Kom ons lees oor die volgende paar dae 'n paar Bybelverse oor ons hoop op God.

Scripture

Day 2