YouVersion Logo
Search Icon

Hoop Op God!Sample

Hoop Op God!

DAY 7 OF 15

Hoop verander jou hartseer.

Die vroeë kerk in Tessalonika was gekonfronteer met die dood van sommige medegelowiges. Dit het die vraag laat ontstaan wat met hierdie mense sou gebeur wanneer Jesus terugkeer. Sou hulle ook die nuwe aarde beleef? Paulus troos sy lesers met die volgende woorde: "Ons wat bly lewe tot wanneer die Here terugkeer, het glad nie ’n voorsprong bo dié wat dan al gesterf het nie." (1 Tessalonisense 4:15). Liggaamlike dood is nie die einde nie. Dit is geen hindernis vir die ewige lewe nie. Inteendeel, om hierdie sondige aardse lewe te verlaat, bring ons nader aan God. Soos Paulus in 'n ander brief skryf: “Ons hou moed, maar sou liewer uit die liggaam wil verhuis om by die Here te gaan woon.” (2 Korintiërs 5:8).

As ons geliefdes sterf, is dit heeltemal natuurlik om te treur. Eers wanneer die nuwe aarde voltooi is, sal hartseer verdwyn. Maar as ons weet dat die persoon wat gesterf het 'n kind van God was, hoef ons nie te treur “soos die ander mense treur sonder ’n toekomsvooruitsig nie.” (1 Tessalonisense 4:13). Al mis ons ons familielede of vriende, is dit 'n groot troos om te weet dat “dit goed gaan met hulle siele”. Eendag sal ons met hulle herenig word om vir ewig by die Here te wees.

Day 6Day 8