Hoop Op God!Sample

Wat is die wortel van hoop?
Standvastige hoop, het dit 'n stewige fondasie nodig? Volgens die apostel Paulus gee God vir ons hoop deur sy genade. As Hy nie 'n God van genade was nie, sou ons nie mense van hoop gewees het nie. Ons kan wense en positiewe gedagtes oor die toekoms hê, maar ons sal nie versekerde hoop hê nie.
Paulus praat nie oor die mensdom in die algemeen nie, maar van “ons”. So, aan wie het God hierdie “goeie hoop deur genade” gegee? Aan alle mense wat oorgegee het aan die heerskappy van Jesus Christus en rus in die liefde en vaderlike sorg van God. Dit is die mense wat Jesus “ons Here Jesus Christus” noem en wat God “ons Vader” noem. Hulle het God se genade in verlossing ervaar, soos in 2 Tessalonisense 2:13-14 verduidelik word: "God het julle immers gekies om as eerstes verlos te word. Hy verlos julle deur die Gees wat julle aan Hom toewy en deur geloof in die waarheid. Deur die Goeie Nuus wat ons verkondig, het God julle hiertoe geroep sodat julle die heerlikheid van ons Here Jesus Christus kan verkry." God se groot werk van verlossing in ons lewe is die grondslag van ons "goeie hoop".
Gee jy toe aan Jesus se heerskappy en rus jy in God se vaderlike sorg?
About this Plan

Vir baie mense is "hoop" iets positiefs maar ook iets onseker. As ons op iets hoop, is ons nie seker of dit gaan gebeur nie. Die Bybel leer ons egter dat daar 'n bron van hoop is wat absoluut seker en betroubaar is: God se karakter en beloftes. Hierdie leesplan gaan oor hoop vanuit 'n Bybelse perspektief.
More
Related Plans

Psalm 23: Still Waters & the Shepherd's Tale

Spiritual Warfare

For the Joy Set Before Him: Jesus's Final Journey to Jerusalem

What Does Jesus Offer?

The Power of God

Haggai: God's Presence in Rebuilding | Video Devotional

The God-Kind of Love

Margin: Finding Fruit in a World Driven by Progress

Mental Health Integration
