YouVersion Logo
Search Icon

Plan Info

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 PetrusSample

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

DAY 41 OF 43

Die Geduld Van God Se Tydsberekening

Lees: 2 Petrus 3:1-10

SOAP: 2 Petrus 3:9

Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.

Oordenking

Smag ons nie maar almal na onmiddelike resultate in ons gejaagde wêreld nie? Ons wat gewoond is aan “vinnige kaffeïn inspuitings” vind dit moeilik om te wag wanneer God nie dadelik ons diepste verlange vervul nie. Wanneer ons oor Christus se wederkoms lees, wonder ons dus natuurlik dikwels: “Here, hoe lank nog?”

En tog, in God se goedertierenheid, lees ons 2 Petrus 3:9 en sien die rede waarom Hy nog nie gekom het nie: “Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.

God se “uitstel” is nie ‘n teken van sy vergeetagtigheid of onverskilligheid nie. In plaas daarvan wys dit sy liefdevolle hart. Sy tyd is nie ons tyd nie. Wat ons as “wag” sien, sien Hy as geleenthede vir meer siele om tot bekering te kom en sy oneindige, barmhartige genade te ontdek. Sy oorvloedige genade hou die aanbreek van die laaste dag terug, en gee baie meer mense kans om verlossing te vind voordat dit te laat is.

Terwyl ons smag na sy wederkoms, laat ons versigtig wees om nie toe te laat dat ons afwagting ons van balans af bring nie. Ons word geroep om met ‘n gevoel van dringendheid te leef, maar nie met angs nie. Ons moet lewe met bewustheid dat Jesus enige oomblik kan terugkeer. Daarom moet ons elke dag laat saakmaak. Tog moet dit ons nie keer om saadjies van die evangelie te plant, verhoudings te koester of die drome wat Hy in ons harte geplaas het, na te streef nie. Terwyl ons wag vir daardie heerlike dag, is daar nog betekenisvolle werk wat gedoen moet word, liefde om gedeel te word en mense wat bereik moet word. Dit is ‘n ononderhandelbare roeping vir alle gelowiges. Ons word genooi in God se werk in, sy reddingsending, hier op aarde.

Laat ons dus ons lewe as ballerinas leef — op die tone, wakker, maar wat tog grasieus deur ons dans vloei. Dis hoe ons lewens behoort te wees — gereed in afwagting van Jesus se wederkoms, maar steeds ten volle betrokke by die hier en nou, wat elke tree met doelgerigtheid en genade neem, en skoonheid bring in die lewe waarmee God ons geseën het.

In daardie oomblikke wanneer die jongste nuus te ontstellend is, en jy nie weet hoe lank jy nog op Jesus kan wag nie, onthou God se ontsagtelike liefde. Hy wag, want Hy koester elke enkele siel en Hy smag na meer om tot bekering te kom. Terwyl ons ons dae navigeer, laat ons hulle ten volle leef, doelbewus, altyd gereed vir sy wederkoms, maar altyd teenwoordig in die hede en laat ons God verheerlik met die kosbare dae wat ons gegun word.

Gebed

Liewe Jesus Christus, dankie vir u onmeetlike liefde en geduld. Help my om elke dag wat U my gegee het met ope arms te verwelkom, om met doelgerigtheid en afwagting te lewe, en altyd ‘n weerspieëling van u liefde te wees. Amen.

Day 40Day 42

About this Plan

Oorwinning oor Beproewings - 'n Studie van 1 & 2 Petrus

Petrus was 'n passievolle en toegewyde dissipel, 'n "ooggetuie van die lyde van Christus." Hoewel hierdie twee briewe eeue gelede geskryf is, spreek dit steeds tot ons hedendaagse uitdagings en bied hoop. Dit is 'n onont...

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy